NUWE APOSTOLIESE GELOOF


Die ontstaan van die Ou
en die Nuwe Apostoliese kerke gaan terug na die wortels in Engeland tydens ‘n
sg “ontwaking” war die Katolike Apostolies Gemeentes te Albury gestig is. (In
beide die Nuwe en die Ou Apostoliese kerke sal trekke van Katolisime opgemerk
word) Edwin Irving, ‘n Skotse prediker het hier ‘n leidende rol gespeel.
Hulle versprei na
Duitsland en daar kom ‘n skeuring en Biskop Schwartz breek weg en vorm ‘n Nuwe
Apostoliese kerk
In SA onstaan die werk
onder ‘n ene evangelis Klibbe in Oos Londen in 1892. In 1893 word hy deur
Apostel
H.F. Niemeyer of Australia georden. Klibbe word in 1908 as die eerste apostel van
die kerk in Afrika aangestel, maar in
1913 word hy deur verskeie redes deur die Stamapostel van sy posisie onthef en
Wilhelm Schlaphoff word in sy plek aangestel. Klibbe weier egter om van sy amp
afstand te doen en ‘n hofsaak volg. Die hof se besluit op 21 Desember 1926 lei
daartoe dat die Ou Apostoliese Kerk onder Klibbe ontstaan en die Nuwe
Apostoliese Kerk onder Schlaphoff voortgaan.
In beide die Ou
Apostoliese Kerk en die Nuwe Apostoliese Kerk speel die apostels ‘n belangrike
rol
·
Beide groepe leer dat versoening net deur hulle alleen
kan plaasvind en dat hulle mag het om sondes te vergewe. Daar word ook geleer
dat Jesus vandag deur sy apostels spreek.
·
In die NAK is die stamapostel die hoogste gesag en
is hy, soos die Pous in die Katolieke Kerk, die Here se verteenwoordiger op
aarde.
·
Die stamapostel (en die apostel aan wie hy die mag
verleen) stort die Heilige Gees in ons dag uit (VA vr 229.289) NAK
·
Die stamapostel sit sy ‘verlossingswerk’ na sy dood
in die hiernamaals voort (VA vr 145.190) NAK
·
Daar word geleer dat niemand die Vader of Christus
kan sien indien hulle nie die apostel aanneem nie.
·
Die NAK VA vr 162.220 leer dat Jesus die
verlossingswerk op aarde begin het, maar dat die apostel dit nou voortsit en
voltooi
Opsomming sommige van van leringe van die NAK
- Die
NAK mis die enigste denominasie wat na God lei.
- Slegs
in die NAK is al die bedienninge en gawes beskikbaar.
- Die
NAK is die enigste kerk wat die ware leerstellinge aangaande Jesus en die Apostels leer.
- In die
begin was daar net een kerk, die apostoliese kerk, maar nadat die apostels
gesterf het kon geen persoon meer gered word nie, todat daar in 1830 weer
‘n kerk gestig is die NAK en nou kan mense weer “gered” word.
- Mense
wat nie in die tyd van die oorspronklike apostels gelewe het nie, kon nie
hemel toe gaan nie, tot en met 1830
toe die kerk weer begin is.
- Die
NAK is die voortgaan van die ware kerk wat deur Jesus gestig is. Alle ander
kerke is skeppings van mense.
- Alle
gemeenskappe Christelik en Nie-Christelik het ‘n beperkte kennis van God,
maar nie genoeg om redding te verseker nie.
- Alle
gemeenskappe praat oor die Here, maar
in die NAK spreek hierdie God self.
- Die
ontvangs van die Heilige Gees is net moontlik in die NAK deur die
verseëling van die NAK (‘n Derde skrament)
- Die stamapostel stort die Heilieg Gees uit
- Vergifnis van sonde word slegs in die NAK verkry.
- Die Bybel is die basis van die
NAK
- Die Bybel leer duidelik dat die
NAK die enigste ware kerk is.
- Die Apokriewe boeke is ook deel van die
Bybelteks, so ook Esra III and Esra IV
- Geloof
in die Here Jesus, God die Vader en die woord is nie genoegsaam vir
redding, sonder die geloof in die apostels nie
- Die
Bybel is nie God se woord vir vandag nie, dit is slegs dooie letters.Die
lewende woord van God is die verkondiging deur die apostels
- Die
Apostels van die NAK kan nuwe bindende lerings en openbaring vir vandag
bring, die bybel is nie algenoegsaam nie.
- Indien
die bybel verskil van die NAK apostles se lering, dan is die NAK se mening
geldig, dit is soos God die Bybelse lering verleng en aangpas het
- Die
Stamapostel het dieselfde funksies magte as Petrus
- Die
apostels van die NAK het dieselfde funksies en magte as die eerste
apostels onder Christus
- Geen
onduidelike leerstellige sake word bespreek nie, ‘n leier op die volgende
hoër vlak maak die besluit.
- Persone in bedieninge doen dit kosteloos. Die
Apostels word salarisse betaal (Bedrae onbekend)
- Hoe hoër op, in die hiërargie, ‘n persoon is
hoe meer gewig dra sy gebed.
- Slegs NAK doop of doop deur die NAK goedgekeur
is geldig.
- Getroue lede in die NAK vra altyd leiding en
raad, voordat besluite geneem word, bv werksveranderinge, huwelik en
verhuising.
- Daar word verwag dat lede 10% van inkomste aan
die NAK gee.
- Die Here God spreek direk tot die Stamapostel,
die ander apostels “konnekteer’ hulself met die stamapostel. ‘n Priester
mag nie preek sonder “konneksie” met sy apostel nie.
- Persone kan selfs na hul dood “gered” word.
Afgestorwe mede-werkers en lede van die NAK werk in die plek van die
dooies.
- Afgestorwe NAK lede neem deel aan die dienste
en neem deel aan die namaal elke Sondag regoor die wêreld
- Indien
sg openbaringe deur werkers van die NAK nie bewaarheid word nie, dan het
hulle die Here verkeerd verstaan of die Here God het Sy wil aangepas.
- Lede van die NAK mag nie dienste van ander
kerkgenootskappe bywoon nie.
- Geen
literatuur wat teen die NAK geskryf is mag gelees word nie en alle ander
godsdienstige boeke moet vermy word.
- Geen kritiek mag teen NAK leerstellinge gemaak
word nie, nie in privaatheid of in NAK byeenkomste nie.
- Indien die NAK hulle leringe aanpas, is dit agv
nuwe geheime wat deur die Heilige Gees geopenbaar word.
- Indien ‘n medewerker valslik optree, moet dit
aan die hoë gesag gerapporteer word.
- Dit word aanbeveel dat lede fotos van die
stamapostel en die ander apostel in hulle huise hang.
- Versium om werwingswerk vir die NAK te doen is
‘n groot sonde.
- Drie keer per jaar bedien die stamapostel en
twee ampsdraers die nagmaal aan afgestorwenes, waartydens hulle “gered’
word.(Eerste Sondag van Maart, Julie en November)
- Indien ‘n lid nie nagmaal gebruik nie, kan
sy/haar sondes nie vergewe word nie.
Algemene inligting
1. In die jare 1838, 1842 1855 sou
Jesus se wederkoms volgens die NAK plaasgevind het
2. Stamapostel Bischoff ontvang op
25 Desember 1951 ‘n openbaring dat Jesus se terugkoms na die aarde in sy
leeftyd sou plaasvind. Hy is op 6 Julie 1960 oorlede, sy opvolger Schmidt verdedig
dit en sê dat die Here sy wil in die verband aangepas het.
3. Baie van die inligting is
beskikbaar op die internet en ander publikasies beskikbaar. Van die inligting
kom uit oorspronklik dokumentasie.
Bronne wat geraadpeleg
kan word:
·
FW Werner - Die Dwaling van die Apostelsekte
·
Ds HCJ Flemming - Sektedwalings
·
DA Nico Schreuder - Die Apostel-besinde
·
Dr JJ Muller – Die Vernaamste Sektes in Ons Land
·
Japie Grobler - Samevatting Nuwe Apostoliese Kerk
van Afrika - Ou Apostoliese Kerk van
Afrika
·
Internet - www.reformedtruth.co.za/ - www.kanaanministries.org - www.jesus-is-savior.com - http://deanministries.page.tl/
DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
- Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
- Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
Is altyd n bevrydende gevoel om iets te lees wat jy al lankal besef, maar net nie jou vinger op kon le nie. Dankie vir die uitleg, as ek so terugkyk op my vroeer jare as kind en tiener in die kerk, was dit maar n dooie storie..drie maande nadat ek uit die huis uit is, toe ontmoet ek die Here. Nou, dertig jaar later, kan my pad met die Here nie stewiger wees nie, ek loop in sy liefde, genade en vreugde. Net bekommerd oor my broer wat preek in die kerk en n suster wat die kerk aanbid. Net ek en my jonger broer het die kerk verlaat. Elke keer as ek op leesstof afkom, dan se my siel, dankie tog U het my die lig laat sien. As u weet van enige nuwe leesstof wat bygekom het, vir my die "links" hier neersit asseblief. "Discerning the World" het niks van die kerk nie, hulle lig ook valse kerke uit.Seeninge
ReplyDeleteEk sou bitter graag meer wou weet oor NAK. Veral rondom "sonde". My seun, 36 jaar oud, gaan nou al 10 jaar uit met 'n pragtige meisie in die NAK. Hulle is regtig baie lief vir my. Sy het al 'n paar keer ons kerkdienste bygewoon wat ek glo haar ouers nie van weet nie en het ook baie blootstelling aan ons Christelike lewenswyse. My seun het ook al haar ouers gaan vra on met hul dogter te trou. Hulle het egter geweier. Hy het ook by 'n paar geleenthede die NAK se dienste bygewoon maar hy voel nie gemaklik met die 'rituele' daar nie. Hy sal nie met haar kan trou as hy nie 'n NAK lid is nie.
ReplyDeleteDit blyk ook dat sy baie min ruimte het om enige eie besluite te neem.
Ek persoonlik dink dat die NAK 'n sekte is omdat dit slaafs en uit vrees, die leerstellinge van die stamapostel navolg. Is daar bietjie raad in hierdie verband?
Leon
My dogter was ook in 'n soortgelyke posisie en kon toe nie trou nie agv haar oortuigings. Wdergeboorte is noodsaaklik vir 'n nuwe lewe in Christus, dit is die begin van 'n lewe as Christen.
ReplyDelete