Friday 1 January 2021

KITSGIDS TOT ALGEMENE DWALINGE EN ANDER GODSDIENSTE


KITSGIDS TOT ALGEMENE DWALINGE EN ANDER GODSDIENSTE

Met hierdie skrywe wil daar net op ‘n paar groepe gewys word, wat oor die algemeen in Suid Afrika voorkom, daar is nog vele ander godsdienstigegroepe wat nie hierin bespreek  word nie. Hierdie is hoofsaaklik ‘n samestelling van dokumente wat vrylik beskikbaar is – boeke sowel as internet bronne; wat deur groepe, hulself en deur ander rakende die godsdienste geskryf is. Waar nodig word die bronne aangedui.

Hierdie is ook nie ‘n in diepte bespreking van die groepe nie, maar stel net die basiese daar.

Hierdie mense is mense wat vasgevang is in verkeerde leer en is net soos sommige ander, mense wat nog nie die reddende genade van Jesus Christus ervaar het nie.  Hulle moet nie beskou word as 'n vyand wat vermy moet word nie, maar eerder as verlore mense oppad na 'n ewige verdoemenis, wat evangeliseer moet word

Dit is die verantwoordelikheid en voorreg van elke gelowige om alle mense van die reddende genade van Christus te vertel.

TYDENS ELKE NUWE "POST" SAL EEN VAN DIE VOLGENDE GEDEEL WORD.


 
1. KATOLIEKE

2. JEHOVA'S GETUIES

3. MORMONE (LATTER DAY SAINTS)

4. ISRAEL VISIE

5. OU APOSTELS

6. NUWE APOSTELS

7. VRYMESSELARY

8. DIE “PROSPERITY GODSDIENS” (WORD OF FAITH MOVEMENT)

9. DIE NUWE HERVORMINGSBEWEGING

10. “JUDAISME”

11. MOSLEM GELOOF

12. BOEDDHISME

13. KERK VAN CHRISTUS (THE CHURCH OF CHRIST.)  “BOSTON CHURCH OF CHRIST”

14. JESUS ONLY (BRANHAMITES OF BIBLE BELIEVERS)

15. EVOLUSIE

16. SEWENDE DAG ADVENTISTE

17. “SACRED NAMES” BEWEGING

18. “THE SHOFAR” BEWEGING

19. ALGEMENE KENMERKE VAN DWALINGE EN AFGODSDIENSTE

 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.