INLEIDENDE OPMERKINGS:
Hierdie is net algemene opmerkings, veel meer kan oor die geloof gesê word.
Hulle lerings
sluit onder andere in dat die Bybel God se handelinge met die mense bevat wat
in Israel en omgewing geleef het en dat die “Book of Mormon” Bybel God se
handelinge met die mense bevat wat in die Amerikas en omgewing geleef het vanaf
600 VC tot 500 NC. Die geskrifte was op goue tablette geskryf.
Joseph Smith
het die goue tablette verkry en deur die gawe en die krag van God kon hy
hierdie antieke taal verstaan en so die tablette vertaal.
Waar die
plekke, stamme, nasies en gebeure in die Ou en Nuwe Testamente geskiedkundig
bepaal kon word, is dit nie die geval met die “Book of Mormon” nie. Nie een van
die nasies wat daarin genoem word het ooit bestaan nie.
LET OP VAN DIE LERINGE WAT HULLE LEER.
(Hierdie
is aanhalings uit hul eie dokumente)
Dit is ‘n gebruik waar lewende mense in die
plek van dooies gedoop, sodat die dooies op ‘n hoër vlak in die hemel kan lewe.
- ( Doctrines of
Salvation,
vol. II, p. 141).
"We
believe the Bible to be the word of God as far as it is translated correctly. .
." (8th Article of Faith of the Mormon Church).
"Wherefore, thou seest that after the book hath gone forth through the hands of the great and abominable church, that there are many plain and precious things taken away from the book, which is the book of the Lamb of God," (1 Nephi 13:28).
4. DIE BOOK OF MORMON"
Die "book of Mormon" is meer korrek as die Bybel (History of the Church 4.461)
5. DIE DUIWEL
Jesus en Satan is geestelike broers (Mormon Doctrine, p 163)
Beide satan en Jesus het ‘n verlossingsplan vir die mens gehad (Mormon Doctrine, p. 193; Journal of Discourses, vol. 6, p. 8).
6. GOD
God was eers 'n mens op 'n ander planet (Mormon Doctrine, p 321; Joseph Smith, Times and Seasons, vol 5, p 613-614, Orson Pratt, Journal of Discourses, vol 2, p 345, Brigham Young. Journal Discourses vol 7, p 333)
God die Vader het ook ‘n vader gehad, (Joseph Smith, History of the Church, vol. 6, p. 476; Heber C. Kimball, Journal of Discourses, vol. 5, p. 19; Milton Hunter, First Council of the Seventy, Gospel through the Ages, p. 104-105).
God bly naby ‘n ster genaamd Kolob, (Pearl of Great Price, p. 34-35; Mormon Doctrine, p. 428).
Deurmiddel van ‘n seksuele verhouding tussen God en Maria is Jesus gebore (Brigham Young, Journal of Discourses, vol. 4, 1857, p. 218; vol. 8, p. 115).
7. JY KAN ‘N GOD WORD
‘n Goeie Mormoon kan ‘n god word (Teachings of the Prophet Joseph Smith, p. 345-347, 354.)
8. GODE
Daar is baie gode (Mormon Doctrine p163)
"And they (the Gods) said: Let there be light: and there was light," (Book of Abraham 4:3).
9. DAAR IS OOK 'N MOEDERGOD
(Articles of Faith, by James Talmage, p 443)
God is getroud en het geestelike kinders. (Mormon Doctrine, p. 516).
10. JESUS
Jesus was die eerste gees wat in die hemel gebore was (Mormon Doctrine p 129)
Jesus en Satan is broers en is in die hemel gebore, (Mormon Doctrine, p. 163; Gospel Through the Ages, p. 15).
11. DIE HEILIGE GEES
Die Heilige Gees is 'n manspersoon en 'n wonderwerk (Le Grand Richards, Salt Lake City, 1956, p 118, Journal of Discourses, vol 5 p 179)
12. DIE MENS
Die mens word eers geestelik gebore in die hemel en dan natuurlik op die aarde (Journal of Discourse, vol 4, p 218)
VERDERE INLIGTING
Op die webblad - http://www.freerepublic.com/focus/religion/2680635/posts kry ons die volgende inligting rakende die Mormoonse geloof, sommige reeds hierbo vervat:
1. Mormone leer dat mense
gode en godinne kan word.
2. ‘n Mormoonse goddin lewe
in absolute gehoorsaamheid aan haar god-man.
3. Mormone leer dat vroue
vir ewig en ewig geboorte sal skenk aan geestelike-babas.
4. Mormone leer dat
mans in die hemel baie vroue sal hê en hulle dan “Hemelse Vaders” sal wees op
hulle eie planete, wat dit met hulle kinders sal vul.
5. Die Hemelse Vader is ‘n
verhewe man wat saam met sy Hemelse Moeder naby die planeet Kolob woon.
6. Die Amerikaanse Indiane
is afstammeling van die sondige “Lamanites” wat eers Israeliete was wat deur
die Here vervloek is met ‘n donker vel.
7. Deurmiddel van ‘n seksuele verhouding
tussen God en Maria is Jesus gebore en dat Maria nie regtig ‘n maagd was nie.
8. Mormone leer dat redding
slegs deur hulle kan plaasvind en dat alle Christelike Kerke verkeerd is. Hulle
doop lewendes ook in plek van die dooies.
9. Mormone leer daar is
vier geheime handdrukke om jou weg na die “Celestial” hemel te verseker.
10. Joseph Smith het
openbaar dat die werklike Tuin van Eden in Jackson County, Missouri was.
11. Joseph Smith sê dat hy
die Here God en die Here Jesus gesien het, tydens hulle verskyning aan hom.
12. Mormone glo dat Lucifer en
Jesus broers is.
13. Mormone glo dat die
engel Gabriël aarde toe gekom het tydens die vloed en Noag geword het.
14. Mormone beskou die
Bybel betroubaar, maar vol foute.
15. Mormone glo dat die
Aardsengel Michael aarde toe gekom het saam met ‘n aantal van sy “celestial
wives” en Adam in die Tuin van of Eden geword het.
16. Die Mormoonse stigter
en profeet Joseph Smith het verskeie kere valse profesieë gemaak. Bv Hy het die
wederkoms van Jesus in die jaar 1891
voorspel. Slegs een valse profesie maak jou ‘n false profeet (Deut. 18:20-22).
17. Die Mormoonse leringe en geloof, voor 1978, was
dat die Negerras ‘n laerklas was en net een druppel negerbloed het jou verhoed
om ‘n priester te word. Nou laat hulle mense van Afrika afkoms toe om priesters
te word. Deel van valse leringe
18. Mormone het verskeie
boeke wat hulle Skrifte noem soos die “The Book of Mormon”, “Pearl of Great
Price”, “Doctrine and Covenants” - Hierdie is die leer van die Mormone,
maar verskil leerstellig van mekaar.
19. Mormone glo dat Jesus
ten minste drie vroue gehad het toe hy op aarde geleef het.
20. Joseph Smith het geleer
dat daar inwoners op die maan was, en Brigham Young het geleer daar was ook
mense op die son. Die lering van die twee mense wys duidelik dat hulle nie
profete van die Here God is nie. Hulle is valse profete en lei nogsteeds miljoene
hel toe met hulle vals leringe.
21. Mormone leer ook dat
daar geen redding sonder Joseph Smith is nie. Hulle leer dat Joseph Smith
die sleutels tot die Koninkryk van God het. Hulle leer dat Jesus se dood
aan die kruis net gedeeltelik vir sonde betaal. Hulle leer ook dat alle mense
voor die Here God, Jesus and Joseph Smith sal staan in die oordeelsdag.
Veel meer kan gesê word, maar ons
volstaan hiermee.
DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewigelewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hyaan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Homuit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Homuit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
- Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
- Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
No comments:
Post a Comment