Showing posts with label Godsdiens. Show all posts
Showing posts with label Godsdiens. Show all posts

Tuesday, 19 July 2016

ALGEMENE KENMERKE VAN DWAALINGE EN AFGODSDIENSTE


ALGEMENE KENMERKE VAN DWAALINGE EN AFGODSDIENSTE

 
 a. Daar is ‘n groot verskeidenheid van afgodsdienste en dwalinge wat verkondig word, elkeen het sy eie karaktertrekke en ontstaan. Vele het hulle ontstaan uit reeds bestaande gelowe gehad, maar het dan wysigings daaraan gebring en ‘n nuwe “geloof” of “groep”  tot stand gebring.

 b. Vanuit die Christelike standpunt van geloof in die Drie-Enige-God wat Homself aan ons in Christus en sy geskrewe woord openbaar, gebruik ons die Skrif as maatstaf om alle leringe te beoordeel:
·         Hand 17:11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

c. Somtyds is dit nie so maklik om te sien wat die ware wese of kern van die “godsdiens” of “groep” of “geloof” is nie. Baie kom op die oogaf goed en reg voor en daarvoor is ‘n dieper ondersoek nodig. (Om net hulle byeenkomste by te woon help nie veel nie)

 d. Ons kan na die volgende sake oplet wanneer ons ‘n “godsdiens”,  “kerk”, “groep”, “geestelike organisasie” of  “lering” evalueer.


1. Vrae die volgende  vrae:

·         Wat is die gesaghebbende bron wat gebruik word vir lering?

·         Wie is die God wie aanbid word?

·         Wie is Christus volgens  hulle?

·         Wie mag deel word van die groep of godsdiens?

·         Wat is die vereistes vir ‘n persoon wat deel wil word van die groep/godsdiens/kerk?

 Probeer om die antwoorde nie by die lede self te kry nie, maar vra na hulle geskrifte, dokumente, kategismus, ensomeer wat dit uitspel.


2. Let op na die leierskap samestelling, en optrede van die organisasie, godsdiens of groep. Gevaartekens kan die volgende wees:

·         Lering en gesag is gesetel in een persoon.

·         Lering en gesag is gesetel in die leierskapgroep.

·         Die woord van die leier of leiers mag nie bevraagteken word nie.

·         Die leier of leiers ontvang openbaringe direk van God af.

·         Die ontvangs van openbaringe van engele aan die leier of leiers (Gal 1:8).

·         Gee die leier/leiers waarborge van ewige saligheid.

·         Kan jy jou “redding”/”saligheid” verloor indien jy jou nie aan die leierskap onderwerp nie?

 
3. Let op die beheer en dissipline wat op lede uitgeoefen word:

·         Geen ander literatuur as die van die godsdiens/groep/kerk mag gelees word nie.

·         Lede word verbied om met gewese lede, wat die groep/godsdiens/kerk verlaat het, kontak te maak.

·         Verhoudings met ouer/vriende moet verbreek word indien hulle teen “lidmaatskap” by die groep/godsdiens/kerk is.

·         Tug en dissipline deur die leierskap toegepas moet sonder voorbehoud aanvaar word.

·         Lede wat die lering en  of die leiers se optrede bevraagteken word as afvalliges, of swak gelowiges gebrandmerk.

·         Lede word geindoktrineer, gemanipuleer, emosioneel afgepers of gedreig

·         Lede word fisies beperk van vrye beweging.

·         Toestemming moet by die leierskap gekry word, voordat vriendskapverhoudinge,  vakansies, huwelike, saketransaksies, ensomeer  gereël, beplan of aangegaan mag word.

·         Word lede met dreiging, afpresing, agressie gekonfronteer indien hulle van die leier/leiers of die groep/godsdiens/kerk verskil?

 
4. Let op wyse wat met finansies omgegaan word:

·         Verpligte afgeforseerde bydraes moet gemaak word.

·         Leringe is deurspek met verwysings na finansies.

·         Geen rekenskap word deur die leier/leiers gegee rakende die groep/godsdiens/kerk se bestuur van die finansies nie.

·         Is die leier/leiers besig om homself/hulself te verryk?

·         Word beloftes van gewaarborgde finansiële voorspoed voorgehou indien gereelde bydrae gemaak word?

·         Word waarskuwinge van katastrofiese teëspoed voorgehou indien nie gereelde bydrae gemaak word?

·         Kan jy skipbreuk ly aan die ervarings van wonderwerke, genesing, ensomeer indien jy nie finansiële bydrae gee nie?

·         Kyk jou redding ingedrang kon indien jy nie finansiële bydrae gee nie?

 
5. Let op na die groep/godsdiens/kerk:

·         Beskou hulle hulself as die enigste ware geloof?

·         Beskou hulle hulself as die mondstuk van God?

·         Beskou hulle hulself as moreel hoër dan ander godsdienste/kerke?

·         Let op die gebruike en rituele in die groep/godsdiens/kerk.

·         Let veral op na die leringe in die kerke.

e. Let op die volgende Skrifte en tree inooreenstemming daarmee op

·         1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

·         2 Pet 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;

·         Markus 13:22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

·         Matt 7:22&23 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

·         Hand 20:30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

·         Matt 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

·         2 Kor 11:3&4 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 4 Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.


DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:

  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 
 

“SACRED NAMES” BEWEGING


“SACRED NAMES” BEWEGING

 

a. Daar word deesdae geleer dat ons moet die regte naam vir Jesus gebruik naamlik YESHUA/YAHSHUA. Selfs op Radio kansel was dit deur sommige sprekers verkondig. Dit is ook in omloop in die dorpe in ons omgewing en in ons land.

b. Waar kom dit vandaan?
  • Hierdie mense staan eerder bekend as die Sacred Name Movement en is verwant aan die Hebrew Roots Movement, wat wil hê dat die Sabbat weer gevier moet word, asook al die Joodse feeste, ook dat alle mans weer besny moet word, ensomeer. - Hierdie sg vereiste was reeds deur die kerk gehanteer, soos opgeteken in Hand 15
c. Hierdie, Sacred Name Movement het onstaan uit die Church of God (Seventh Day) in the 1930s onder C. O. Dodd. Hulle het weer onstaan na aanleiding van die leringe van Joseph Franklin Rutherford die stigter van die Jehovah's Witnesses

·         Die Assemblies of Yahweh, Bethel, Pennsylvania, was later deur Jacob O. Meyer begin en vandaar het die lering versprei.
·         Dit het later ook sommige Pinkster kerke bereik – Bv “The House of God” ‘n sewende dag Pinkster organisasie  gestig in 1918 deur  R. A. R Johnson
d. Ek glo dat baie mense vandag nie eens weet waar die dwaling vandaan kom nie.  Hulle het Spreuke 30:4 sogenaamd bestudeer en tot ‘n slotsom gekom:
·         Spr 30:4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun--as jy dit weet?
e. En nou is dit noodsaaklik dat die regte name vir God gebruik moet word, nl Yaweh en Yahshua, volgens hulle laster jy indien jy dit nie so gebruik nie.

 f. Verskeie “Sacred Name” Bybels is dan ook geproduseer, pasop daarvoor:
·         The Word of Yahweh
·         The Scriptures
·         Restoration of Original Sacred Name Bible
·         Angelo Traina's Holy Name Bible, Sacred Name King James Bible
·         Restoration Study Bible (RSB) RSB online
·         HallleluYah Scriptures (HS) [1]
·         Hebrew Roots Version, A Literal Translation
·         World English Bible

 Kom ons let egter net op die volgende vier punte:
 
1. DIE WOORD YESHUA (YAHSHUA) IN DIE OT

 a. Nêrens in die OT, in die Hebreeus, waar die woord Yeshua gebruik word dui dit op Jesus nie
b. In die OT was die naam YESHUA(YAHSHUA) die van Josua ook genoem  Hosea

·         Num 13:16 Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; En Moses het Hoséa, die seun van Nun, Josua genoem
·         1 Kron 7:27 sy seun was Nun, sy seun Josua.

c. Regdeur die OT is die naam van Josua in die Hebreeuse taal “Jehoshua” YESHUA (YAHSHUA)
·         Nêrens in die OT verwys die naam YESHUA (YAHSHUA) na Jesus die Christus nie

2. DIE WOORD JESUS IN DIE OT

 a. In die OT kom die woord Jesus nie voor nie, want die woord is ‘n Griekse woord en die OT was in Hebreeus geskryf.

b. By die vertaling egter van die OT in Grieks kom dit wel heel dikwels voor.
·         Elke keer wanneer daar na Josua verwys word sy naam in Grieks vertaal met die woord Jesous
c. In die Griekse vertaling van die OT lees ons
·         Josua 1:1 En ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Jesus, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
·         Josua 1:10 Toe het Jesus aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê:
·         Josua 1:12 En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het Jesus dit gesê:
·         Josua 1:16 Toe het hulle Jesus geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.
·         Josua 24:1 Daarna het Jesus al die stamme van Israel byeen laat kom in Sigem, en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul voor die aangesig van God gestel.
·         Josua 24:28 Toe het Jesus die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.
·         Josua 24:29 En ná hierdie dinge het Jesus, die seun van Nun, die kneg van die HERE, gesterwe, honderd en-tien jaar oud.

 d. Dit is dus vanuit die konteks duidelik dat hierdie YESHUA (YAHSHUA) nie Jesus Christus die Seun van God is nie, maar Josua die seun van Nun

·         Die Jesus in die Griekse  OT is nie Jesus Christus die Seun van God nie.

·         Ook is die YESHUA (YAHSHUA) in die Hebreeus OT nie Yeshua die Seun van God nie.

 e. Die boek Joshua se naam, nadat dit vanuit Hebreeus na Grieks vertaal is, staan bekend as “Jesus van Navi”
f. Dus selfs in die Griekse vertaling van die OT verwys die woord Jesus nie een keer na Jesus Christus die Seun van God nie, maar na Josua die seun van Nun.

3. DIE WOORD JESUS (Ιησοῦς) IN DIE NT
a. In die Griekse NT word die woord Jesus, hoofsaaklik gebruik vir Jesus Christus die Seun van God, maar nie net gebruik wanneer van Jesus Christus gepraat word nie.

b. Ook Josua word Jesus genoem in die NT.

·         Die vertalers het om gehelp om vanuit die konteks in die boek Hereërs, die onderskeid te maak, deur die woord daar (Jesous)  in die NT, waar dit op Josua dui, te vertaal nie na Jesus nie, maar na Josua.

·         Dus lees ons Heb 4:8 4:8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van 'n ander dag daarná spreek nie.
c. Wanneer jy egter die Grieks lees in die NT in die boek Hebreërs 4:8 staan daar:

·         Heb 4:8 Want as Jesus (Ιησοῦς) aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van 'n ander dag daarná spreek nie.
d. Die Jesus van Heb 4:8 is nie Jesus Christus die Seun van God is nie, maar Josua die seun van Nun

e. In Kol 4:11 lees ons van nog ‘n Jesus,  wie nie Jesus Christus die Seun van God is nie.  - “ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was 'n troos vir my.”
f. Op die ander plekke is in die NT dit wel Jesus Christus die Seun van God. 

 
4. DIE WOORD YESHUA (YAHSHUA) IN DIE NT

 a. In die Grieks, in die NT, kom die woord Yeshua (Yahshua) nie voor nie, want dit is ‘n Hebreeuse woord.
·         Wanneer die Jode, wat Hebreeus gepraat het, ook in die tyd van die NT, na Jesus verwys het, was Sy naam wel Yeshua (Yahshua).
·         Net soos wat Joshua se naam in Hebreeus Yeshua was en in die Grieks Jesus (Ιησοῦς)  was

b. Toe die Griekse NT in Hebreeus vertaal word, word daar dus van die woord Yeshua (Yahshua) gebruik gemaak, want dit is die naam wat aan Jesus gegee was, volgens die opdrag aan Josef en Maria
·         Matt 1:21 en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
·         Luk 1:30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.  1:31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

c. Dus sal jy in die Hebreeuse NT die woord Yeshua (Yahshua) volop vind, op elke plek waar daar na Jesus verwys word.

d. In die NT is dit  die konteks wat bepaal van watter Jesus daar gepraat word, Jesus ook genoem Josua of Jesus die Christus die seun van God

e. So ook in die Hebreeuse vertaling van die NT is dit  weereens die konteks wat bepaal van watter Yeshua (Yahshua)  daar gepraat word, Yeshua (Yahshua) vertaal as Josua, asook Yeshua (Yahshua) met verwysing na Jesus Christus die Seun van God.

f. Yeshua (Yahshua) is die naam van Jesus Christus die Seun van God in Hebreeus.
·         Sy Griekse naam (Ιησοῦς)
·         Sy Afrikaanse naam Jesus
·         Sy Engelse naam Jesus
·         Sy Zulu Naam Jesu
·         Sy Duitse en Koreaanse naam Yesu
·         Braziliaanse naam Yesu,
·         Almal verwysende na Jesus

5. MAAR WAT IS DIE REDE VIR DIE GEBRUIK VAN DIE SG REGTE NAAM VAN JESUS YESHUA (YAHSHUA) EN YAHWEH
a. Lering volgens hierdie dwaling, is die volgende, ek som op:
·         Gedurende die laaste dae het daar profetiese woorde uitgegaan dat die Antichris die naam van Jesus sal gebruik gedurende die groot verdrukking. Van dan af gaan YAHUVEH (JHWH) (DIE HERE GOD) nie meer enige gebede beantwoord wat in die naam van Jesus gebid word nie.
b. Jy moet die geheiligde name van YAHWEH of YAHUSHUA gebruik om jou gebede beantwoord te kry.

c. Wanneer die naam van Jesus Christus hardop in gebed gebruik word, sal die Antichris deur sy onheilige mag weet waar Christene is, so kan hulle dan opgespoor word.
d. Sommige van hulle leer:
·         Alhoewel Jesus Christus en YAHUSHUA dieselfde persoon is, beide die Seun van YAHUVEH. Is dit so dat in die eindtyd daar meer gesalfde krag sal wees wanneer in die Heilige Hebreeuse Naam Yahushua gebid sal word.

e. Ander leer - Deur die woord (verwysende na God en Jesus) waarvan die Engelse vertalers  gebruik maak, maak hulle die Skrif pervers en breek hulle die derde gebod van die wet

 f.  Hulle glo:
·         Dat die korrekte uitspreek van die Heilige Naam noodsaaklik is vir redding, en moet in aanbidding gebruik word.
·         Groot en wonderlike dinge word belowe vir gelowiges wat kom in die naam van Yahshua. ‘n Seën word uitgespreek oor hulle wat dink in die naam van Yahshua .
·         Dat in hierdie naam die oorwinning oor satan behaal word.
·         Jy sal nie gespaar word van die groot verdrukking indien jy nie in die naam van Yahweh en Yahshua roep nie.
·         Dit is die enigste weg to redding.
·         Tensy jy nie in die Heilige Naam bid nie sal jy nie gered word nie en die ewige lewe verkry nie.
g. Let op wat word gesê; hulle sluit selfs by die okkulte aan:
·         The one common denominator in all magic is that words, names, and sounds have special powers when applied particularly to gods, angels, and demons. These powers could be employed if one knew the name and how to pronounce it. The ancient widespread belief was that a secret name can have power over the universe, and this belief was especially held by the Jews who frequently used the name of God in practicing magic. This was why the pronunciation of the Tetragrammaton was so important. The correct pronunciation was absolutely required for working magic (The Supernatural-Magic, Words, Numbers, Editorial Consultants: Colin Wilson and Uri Geller, page 68).

h. Hulle sluit by die Joodse Talmud aan:
·         The Talmud does not hesitate to state the importance of magic in the names of God. All who knew their combinations could perform miracles (The Jewish Encyclopedia, article, “Names of God”).

i. Van hulle leer:
·         Die wonderwerke wat Jesus gedoen het was omdat Hy die geheime van Egipte bestudeer het. Jesus het krag verkry omdat Hy die geheime Naam gesteel het, die Naam was gevgraveer op die klip wat Jakob met olie gesalf het. Twee wreede honde het die klip bewaak. Jesus het hulle uitoorlê, toe het Hy die woorde op ‘n perkament geskryf.  Hy het ‘n gat in Sy bobeen gesny en die perkament daarin versteek. Toe Hy die naam uitgespreek het was die wond genees. (A History of Magic, by Eliphaz Levi, page 17). (The Talmud Unmasked, by I. B. Pranaitis, pages 34-35).
·         Om die Heilige Naam uit te spreek is gelykstaande aan die teenwoordigheid, krag en glorie van die persoon.
j. Let ook op hierdie uitspraak:
·         Sacred Name literature says much about the names and titles of God, Jesus, Christ, and Lord. They are firmly convinced these names are pagan in origin.
·         Sommige leer dat die naam  “Christus ” eintlik van die Indiese god Khrishna kom.
·         Ander maak ‘n konotasie tussen Jesus en die afgod Yes. Die naam Yes is ‘n ander naam vir Bacchus, die drankgod. Deur die letters sus tot Yes te voeg kom jy by die woord Jesus uit. Dus is die woord Jesus ‘n heidense woord. 

Hiermee wil ek vir eers volstaan.
 

DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 

KOPIEREG EN REGSTELLINGS:

  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.