VRYMESSELARY
Is Vrymesselary versoenbaar met
Christen wees ?
VRA USELF DIE
VRAAG AF: "Is Vrymesselary versoenbaar met Christen wees ?"
WAT IS VRYMESSELARY ?
Merit Students Encyclopedia-
”Freemasonry - the doctrines and practices of the international fraternal
organization known as the Free and Accepted Masons or as the Ancient Free and
Accepted Masons. The purpose of Freemasonry is to promote the spiritual, moral
and social development of the community through influence, example, and
contributions of its members. Oaths of secrecy cover Masonic rites, but not
teachings.”
WIE MAG 'N VRYMESSELAAR WORD?
Enige manspersoon, van enige Godsdiens of geloof,
solank hy nie ‘n Ateis is nie.
"Feemason's Pocket Reference Book"- " Let a man's religion ... be what it may, he is not excluded from the order, provided he believe in the glorious architect of heaven and earth..."
"Feemason's Pocket Reference Book"- " Let a man's religion ... be what it may, he is not excluded from the order, provided he believe in the glorious architect of heaven and earth..."
"Die Merit Student Encyclopedia""Freemasonry will accept men of any creed, nationality, or political viewpoint. Among the qualifications for membership are a belief in a Supreme Being and a good moral character."
"Encyclopedia Americana", International
Edition, Vol 18, 1992 p 432 - "Although not a religion, it is religous
in that its precepts incorporate the fundamentals of mans religion."
"Mackey's Lexikon" - "The
religion then of Masonry, is pure theism on which its different members
engraft their own particular opinions...."
"Freemasons and the Image of Man"
Giuliano Di Bernardo (Life member 330) Freestone, 1989p
102 - "....recognises in each individual mason of the Royal Arch the right
to intergrate the minimal requisite with the faith of his own religion,
Christian, Jewish, Islamic, or any other kind. In this way it affirms the truly
universal nature of Freemasonry."
WATTER GESAGHEBBENDE BRON (BOEK)
GEBRUIK DIE VRYMESSELAARS ?
WATTER GOD AANBID DIE
VRYMESSELAARS ?
Jesus Christus word op dieselfde vlak as Mohammed,
Confucius, Moses, Zoroaster en ander profete geplaas, slegs leermeesters van
moraliteit.
"Morals and Dogma", Albert Pike, p
23 - "It (Masonry) reverences all the great reformers. It sees in Moses,
the Lawgiver of the Jews, in Confucius and Zoroaster, in Jesus of Nazareth, and
in the Arabian Iconoclast, Great Teachers of Morality, and Eminent Reformers,
if no more;...."
"Hertel's Bible" p 9
- "It (Masonry) reverences aal the great reformers. It sees in Moses, the
Lawgiver of the Jews, in Confucius and Zoroaster, in Jesus of Nazareth, and in
the Arabian Iconoclast, Great Teachers of Morality, and Eminent Reformers, if
no more;...."
VRYMESSELARY IS NIE MET
CHRISTENSKAP VERSOENBAAR NIE, OPGROND VAN DIE VOLGENDE REDES:
a. Hulle erken
nie dat daar slegs Een Lewende Almagtige Drie-Enige-God, Vader
Seun
en Heilige Gees is en geen ander naas Hom nie.
b. Hulle erken
nie dat die Bybel (Die geskrifte van die OU en Nuwe Testament) die enigste gesaghebbende
geskrif en Woord van God vir ons lewe is nie, maar dat daar nder naas die
Bybel is.
c. Hulle erken
nie dat die Christelike geloof, die enigste ware geloof is nie. Joh 14:6
d. 'n Christen
kan nie twee Here dien nie, ook mag 'n Christen nie in dieselfde juk trek as 'n ngelowige nie.
2 Kor 6:14-18.
WAT SÊ ANDER DENOMINASIES EN
GEMEENTES ?
1. Geen vrymesselaar wat weier om as sodanig te bedank
sal in die toekoms as lidmaat van die N.G. Kerktoegelaat word nie.
2. Lidmate wat tans tot die vrymesselaars behoort,
moet deur die kerkrade bearbei en vermaan word om as lede van die vrymesselary te
bedank.
3. Geen vrymesselaar sal toegelaat word om verder 'n
kerklike amp in ons gemeente te beklee nie.
4. Kerkrade en Ringe word van hierdie besluite verwittig
en dit word aan hulle opgedra om in hierdie gees te handel.
NG KERK IN SUID-AFRIKA: ARGIEF

ONDERWERP: Vrymesselary / Vrymesselaars
SOEKTOG: Hierdie
soektog is gedoen op 1 Mei 2004, opgedateer op 18 November 2015 en weer op 15
November2016.
BRONNE: ACTA van die Algemene Sinode
NUUTSTE: Die laaste bespreking van die onderwerp was
tydens die Algemene Sinode se sitting in 1994.Die heersende besluit is 1990 s’n.
TEKS: Die
teks van hierdie dokument is woordeliks soos dit in die amptelike Handelinge
verskyn. Die lettertipe en bladuitleg is egter in die oordragproses verander.
INDEKS:
1962 Algemene Sinode
Agenda, p103-107
Kommissie vir Aktuele Vraagstukke
A. V (BYLAE C.)
VRYMESSELARY EN DIE KERKLIKE TUG
(’n Kerkregtelike Uiteensetting)
INLEIDENDE
OPMERKINGS
Die
Raad van Kerke het na aanleiding van beskrywingspunte van sy lede, wat aandring
op gelykluidende besluite en ooreenstemmende optrede by ons verskillende
kerkrade in die verskillende Sinodale ressorte, hierdie saak verwys na sy
studiekommissie vir Aktuele Sake vir rapport en advies.
Aangesien
die besware van al ons Sinodes (wat by wyse van deeglike beredeneerde rapporte
en aanbevelings voor die Sinodes gedien het) wesenlik ooreenkom en gelykluidend
in hul afkeuring van die Vrymesselary is, is dit onnodig om verder in te gaan
op die wese en inhoud van die Vrymesselary.
Daar
bestaan ook wesenlik geen verskil oor die vraag van die kerklike tug i.v.m.
hierdie saak nie. Al waaroor daar eenstemmigheid moet kom, is oor die metode
van tugtoepassing in ooreenstemming met die Gereformeerde kerkreg.
Vrymesselaars
het ten onregte uit laasgenoemde probleem gaan aflei dat die Sinodes verdeeld
is oor die vraag of Vrymesselary deur die Skrif veroordeeld staan en of daar
hoegenaamd kerklike tug (woordtug, ens.) mag toegepas word. Met nadruk wil ons
egter verklaar dat die Sinodes eenstemmig is in hul veroordeling van die beginsels
van die Vrymesselary – dus eenstemmig ook dat lede van die
Vrymesselaarsbeweging daardie beweging beslis en finaal moet vaarwel sê ter
wille van die heil van hul siele en die welwese van hul kerk.
Waar
die kerk sekere kerkregtelike probleme i.v.m. die toepassing van die tug in
hierdie en in ander gevalle het, moet hulle dit nie interpreteer as 'n
regverdiging of goedkeuring van hul standpunt nie.
In
hierdie studie gaan dit dus net oor die kerkregtelike aspek van die saak en oor
kerkregtelike probleme daaraan verbonde.
Die
kerkregtelike aspek van hierdie saak val o.a. uiteen in twee dele, t.w. die tug
oor lidmate en die tug oor ampsdraers. Ons behandel dit agtereenvolgens in
ooreenstemming met die skriftuurlike beginsels van die Gereformeerde kerkreg
wat ons almal onderskryf.
Dit
is seker nie nodig om 'n volledige uiteensetting van die kerklike tug hier te
gee nie. Ons doen slegs enkele grepe en wel op die snypunte wat hier vir ons
van belang is. En dan maak ons die volgende algemeenerkende kerkregtelike
stellings:
(1)
Die tug en sensurabele sondes
Die
Gereformeerde leer en die Gereformeerde kerkreg was nog altyd nie te vinde vir
'n kasuïstiese lys van sondes en 'n daarmee ooreenstemmende lys van sensurabele
sondes, wat by wyse van kerklike wetgewing vasgelê word nie. Alle sondes is
sonde en alle sondes is dus sensurabel. Sogenaamde ligter sondes kan (deur die
opsetlike volharding daarin, teen die waarskuwing van die Skrif) “swaarder”
sondes word (sondes van moedswilligheid). Om 'n gradasielys van sondes op te
stel, doen geweld aan die Skrif en aan ons Gereformeerde opvattings. Veral by
die kerklike tug kom hierdie beginsels baie helder na vore. 'n Sogenaamde klein
sondetjie van versuim (om bv. een Sondagoggend nie kerk toe te gaan nie) kan
word 'n sondige gewoonte en by volharding daarin (ten spyte van die vermaning
van die kerklike ampte) kan dit na jare lei na die algehele afsnyding van so 'n
lidmaat (wat Woord en Sakramente verag) deur die Formulier van die Ban.
Om
die Vrymesselary (of ander sondes) in 'n lys van sensurabele sondes op te neem
by wyse van ons Wette en Bepalings, is dus nie in ooreenstemming met ons
Gereformeerde kerkregtelike opvattinge nie en is buitendien oorbodig.
DIE
STERK EN HELDER SINODALE BESLUITE, GENEEM NA DEEGLIKE STUDIE EN OORWEGING, IS
GENOEGSAAM IN HIERDIE VERBAND OM TUG TOE TE PAS. VERDER IS DIT 'N SAAK VAN DIE
PLAASLIKE KERKRADE WAT MET DIE TUG MOET OPTREE IN OOREENSTEMMING MET DIE WESE
EN DOEL VAN DIE TUG. INDIEN KERKRADE VERSUIM OM OP TE TREE, KAN HULLE DEUR DIE
RING VERMAAN WORD OM GEHOORSAAM TE WEES AAN DIE SINODALE BESLUIT EN BY
VOLHARDENDE WEIERING OM OP TE TREE, WORD SO 'N KERKRAAD SELF VOORWERP VAN DIE
TUG. WAAR DAAR KERKLIKE VISITATORE IS, SAL DIT EEN VAN DIE SAKE WEES WAARAAN HULLE
VOORTDUREND SAL MOET AANDAG GEE.
(2) Die tug en bearbeiding
'n
Tweede stelling van die Gereformeerde kerkreg wil ons ook benadruk. Geen tug
behoort toegepas te word sonder die volhardende en liefdevolle bearbeiding van
die sondaar nie. In die behandeling van potensiële tuggevalle sal steeds
volgens die meriete van elke geval opgetree moet word. Die reaksie van die
lidmaat op die Woordbediening aan sy siel is van deurslaggewende betekenis in
die oplê, voortduur, of afneem van die kerklike tug. Indien daar onmiddellike
berou en boete en inkeer in woord en daad is, sal die tug ook net daar eindig.
So kan die tug bv. by minder ergerlikeen gerugmerkende sondes minder reeds
eindig by sy aanvangsstadium nl. die woordtug, indien die lidmaat gunstig
reageer op die woordtugbediening en die sonde waaraan hy hom skuldig maak, daar
en dan vaarwel sê.
(3)
Die tug en Sinodale besluite
Dit
moet benadruk word dat elke lidmaat onderwerping en gehoorsaamheid verskuldig
is aan elke Sinodale besluit wat na deeglike studie en besinning in
ooreenstemming met die Heilige Skrif geneem word. Indien lidmate oortuig is van
die onskriftuurlikheid van 'n Sinodale besluit, moet hulle dit vers en kapittel
bewys aan hul Kerkraad, Ring en Sinode. Hiertoe moet hulle 'n skriftelike
beswaarskrif by die regte kerklike liggame indien.
Geen
lidmaat of ampsdraer het die reg om Sinodale besluite te minag of te negeer
nie. Daar moet steeds die hoogste erns van gemaak word. Indien sulke besluite
die toets van die Skrif kan deurstaan, is elke lidmaat ondubbelsinnige
lojaliteit aan sy Here en sy Kerk verskuldig. Indien hierdie stelling nie onderskryf
en uitgeleef word nie, sal dit lei tot chaos in ons gemeentes en in meerdere
kerklike vergaderings.
TOEPASSING
I.V.M. VRYMESSELARY
(1)
Die Sinode van ons Kerk het, na baie deeglike studierapporte en aanbevelings
van Sinodale Kommissies wat jare lank navorsing gedoen het, met groot
meerderhede hulle uitgespreek teen die Vrymesselary. Ernstige en geldende
skriftuurlike besware is teen die wese en die inhoud van die Vrymesselary
geopper en bewys. Hierdie rapporte het o.a. berus op bronnestudie van Vrymesselaarsrituele
en indien Vrymesselaars dit wil betwis, lê die onus op hulle om ewe-eens uit
hul bronne te bewys dat die Sinodes fouteer het. Indien hulle weier om dit te
doen, toon hulle slegs hul minagting van die kerk. As die kerk bv. beweer dat die
naam van Jesus Christus nêrens voorkom in die rituale van die eerste drie grade
van Vakvrymesselary nie – terwyl die Naam van God (as Boumeester van die
Heelal) veelvuldig voorkom, dan moet Vrymesselary uit sy rituale van die
Vakgrade bewys dat die kerk fouteer. Beskuldiginge van die gebruik van
verkeerde bronne, maak geen indruk nie. Ons besware berus o.a. op feite uit
Vrymesselaarsrituale in gebruik in Vrymesselaarslosies in Suid-Afrika.
Hulle
is dit aan hulleself en aan die kerk verskuldig om uit daardie offisiële
rituele van hulle te bewys dat die kerk verkeerd is. Die pretensie van
geheimhouding kan hulle gerus laat vaar – die kerklike kommissies het o.a. oor
die outentieke rituele van die verskillende ordes en grade beskik. Op grond
daarvan o.a. het die oorwoë besluite van die Sinodes teen die Vrymesselary
geval. En aangesien dit ernstige skriftuurlike besware teen die Vrymesselary is
watdie Sinodes so laat besluit het, pas dit elke lidmaat van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk, wat Vrymesselaar is om onmiddellik uit die Vrymesselary te
bedank.
Die
kerk is bevoeg om, as “moeder van die gelowiges”, te oordeel wat vir hulle en
die kerk se geestelike lewe ondermynend en skadelik is. Die Vrymesselary het
geen geestelike bevoegdheid om hom op te werp as “moeder van die gelowiges” en
as leermeester oor die sedeleer en die godsdiens nie. Die lojale lidmaat moet
dus na sy kerk se uitsprake oor Vrymesselary luister. Hy is dit aan sy Here, sy
Kerk, en sy eie geestelike lewe verskuldig.
(2)
Lidmate wat aan die Vrymesselary behoort en weier om te bedank uit die
Vrymesselary, moet deur die kerklike ampte genader word en die standpunt van
die Sinodes moet aan hulle verduidelik word. Hierdie offisiële besoek is reeds
die aanvang van die tug (die woordtug). Daarna moet die tug sy verskillende
stadia deurloop – altyd met liefdevolle arbeid en met groot geduld en
lankmoedigheid van die kant van die kerkraad. Hoe vér die tug moet gaan en hoe
streng daar opgetree moet word, sal afhang van die vraag in hoeverre so ’n lidmaat
hom vereenselwig met die onskriftuurlike beginsels en praktyke van die Vrymesselaars.
Indien hy wel bewus is van al die implikasies en konsekwensies daaraan verbonde
en hom desnieteenstaande heelhartig daarmee vereenselwig, kan hy, by
volharding, uiteindelik selfs deur die Formulier van die Ban deur die kerkraad
uit die gemeente van die Here afgesny word. (Die uiteindelike konsekwensie hier
gesien as die beredeneerde verloëning van Jesus Christus as enigste Here en
Saligmaker en van die Bybel as enigste en genoegsame openbaringsgeskrif, deur
die Heilige Gees geïnspireer).
Onses
insiens moet daar egter nie oorhaastig te werk gegaan word nie. Volhardend en
met liefde moet aan hierdie mense gearbei word. Die doel en wese van die tug is
immers nie straf en verjaging van die sondaar nie, maar dit is die liefde van
Christus wat ’n “van die kerkvervreemdesondaar” in die volle gemeenskap van die
heiliges wil herstel. Die tug is nie daar om gou van “lastige mense” ontslae te
raak nie maar dit is (deur die Woordbediening daaraan verbonde) 'n genademiddel
om die sondaar terug te bring na sy Here en sy Kerk.
B.
DIE TUG EN DIE OPSIG m.b.t. DIE AMPTE (leraar, ouderling, diaken)
Die
bekleding van die amp is geen noodwendige reg verbonde aan lidmaatskap nie. Vir
die amp is daar besonder eise gestel o.a. godvrugtigheid, menskundigheid, ens.
Indien 'n persoon nie tot die amp gekies word nie, is dit ook geen verkapte
vorm van sensuur nie – hy kan bv. 'n dierbare opregte Christenmens wees maar
temperamenteel en totaal ongeskik vir die werk wat, soos ons weet, hoë eise
stel. Die amp is daar gestel vir die welwese van die kerk en daarom kan slegs
persone wat hierdie welwese kan bewaar en bevorder, kwalifiseer vir die amp.
Die Skriftuurlike eise met betrekking tot die amp, (o.a. Hand. 6 vers 3. en 1
Tim. 3) is hier 'n onbetwisbare bewys dat elke lidmaat nie ipso facto kwalifiseer vir die amp nie. Dit is uit hierdie
skriftuurlike eise ewe duidelik dat almal wat nie aan hierdie eise voldoen nie,
nie ipso facto onder sensuur geplaas
is nie.
Met
die besondere eise of die amp moet rekening gehou word by die kiesing van
kerkraadslede. Dit is 'n ernstige oortreding teen hierdie beginsel om bv. ’n man
tot kerkraadslid te kies “om hom mak te maak”.
Uit
bogenoemde beginsels is dit baie duidelik dat die kerk, op grond van sy
beginselbesware teen die Vrymesselary, nie buite sy bevoegdheid handel as hy
alle Vrymesselaars uit die amp weer nie. Hul inskakeling by ’n geestesrigting
wat tot die geestelike skade van die siel en die gemeente is, diskwalifiseer
hulle onmiddellik daarvoor. Hoe kan hulle met “vrymoedigheid” onder hulle
wykslidmate arbei as hulle deur lojale kerkmense in daardie wyk met agterdog
bejeën word omdat hulle dislojaal aan hulle kerk is en (volgens die beskouing
van die konsekwent-denkende lidmate) ook dislojaal is aan Jesus Christus Wie se
Naam hulle nie' mag bely en Wie se eer hulle nie doelbewus mag soek in die
losies nie?
Verder
– dit is ook baie duidelik dat hulle uit die amp geweer kan word afgesien van
die feit of hulle die beginsels van die Vrymesselary onderskryf of nie. Hul
blote konneksie met so 'n liggaam diskwalifiseer hulle ipso facto vir die
amp.Veral geld dit vir die toelating tot die amp en toelating tot lidmaatskap.
Ten spyte van wat hierbo oor die tug en die lidmaatskap gesê is, is dit tog
vanselfsprekend dat in die toelating tot lidmaatskap die kerkraad kan weier om
'n Vrymesselaar toe te laat tot lidmaat indien hy na deeglike en liefdevolle
onderrig weier om met die Vrymesselary te breek. Sy toelating as lidmaat sou
nie tot welwese van die gemeente strek nie. Dit geld veel meer nog van die
ampte.
Opsommend
kan ons sê:
(1)
Die Skrif stel besondere eise vir die amp. Geen persoon wat nie die welwese van
die kerk kan bevorder kan kwalifiseer vir die amp nie.
(2)
Dit behoort nie noodwendig tot die regte van 'n lidmaat om tot die amp verkies
te word nie – hy moet beantwoord aan die besondere eise wat aan die amp gestel
word.
(3)
Persone wat nie kwalifiseer vir die amp (soos hierbo genoem) nie, verkeer nie
daarmee ipso facto onder die sensuur
nie. Hulle kan bv. nog volle toegang tot die Sakramente hê. (bv. die teologiese
kandidaat aan wie legitimasie geweier is weens sy onaanpasbaarheid).
(4)
'n Persoon wat volgens die oorwoë oordeel van die betrokke kerkraad nie
kwalifiseer vir die amp nie, kan uit die amp geweer word afgesien van die feit
of hy die verkeerdheid van sy optrede insien of nie. Maatstaf is hier die
welwese van die kerk en nie sy subjektiewe opinie nie.
(5)
Indien 'n persoon egter reeds toegelaat is tot lidmaatskap, dan moet die
verskillende stappe van die tug in hul verskillende stadia met groot liefde en
geduld gevolg word.
(6)
Indien 'n Vrymesselaar sonder die medewete van die kerkraad tot kerkraadslid
verkies word, kan sy verkiesing tot die amp tot niet verklaar word:
(a)
deur die approbasiereg van die lidmate (indien 'n lidmaat binne die bepaalde
tyd vanaf sy verkiesing beswaar maak teen sy verkiesing);
(b)
deur die ring, indien hy reeds as kerkraadslid bevestig is;
(c)
die kerkraad kan middelerwyl hom aansê om nie sy ampspligte waar te neem nie,
hangende die uitspraak van die ring.
(1)
Dat aan al ons Sinodes (en via hulle aan al ons Kerkrade en Ringe) advies gegee
word dat hulle in ooreenstemming met bogenoemde kerkregtelike beginsels sal
optree.
(2)
Dat aan die Kommissie van Actuarii van die Raad van Kerke opgedra word om alle
wetbepalings uit ons onderskeie Wette en Bepalings te verwyder wat die amp as
'n noodwendige reg van elke lidmaat vaslê of om hierdie bepaling so te omskrywe
dat dit sonder meer vir die lidmaat duidelik is dat hy moet beantwoord aan die
skriftuurlike eise aan die ampsdraer gestel soos o.a. weerspieël in die
wetsartikels wat die vereiste van godvrugtigheid, kundigheid, ens. neerlê as
vereiste vir toetrede tot die amp.
Vrymesselary en die kerklike tug Bylae C, p103 – 107
Na
’n lang bespreking word die volgende voorstel van die Kommissie vir Aktuele
Vraagstukke aanvaar:
Die
Sinode besluit:
1.
Geen vrymesselaar wat weier om as sodanig te bedank sal in die toekoms as
lidmaat van die NG Kerk toegelaat word nie.
2.
Lidmate wat tans tot die vrymesselaars behoort, moet deur kerkrade bearbei en
vermaan word om as lede van die vrymesselary te bedank.
3.
Geen vrymesselaar sal toegelaat word om verder ’n kerklike amp in ons gemeentes
te beklee nie.
4.
Kerkrade en ringe word van hierdie besluit verwittig en dit word aan hulle
opgedra om in hierdie gees te handel.
Ten
einde enige moontlike verwarring of misverstand te voorkom m.b.t. die Sinode se
besluit i.v.m. die Vrymesselary, besluit die HE Sinode dat ’n kort en bondige
samevatting in pamfletvorm aan alle gemeentes vir die leiding van lidmate
beskikbaar gestel moet word waarin ’n duidelike uiteensetting gegee word van
die vernaamste faktore wat die Sinode genoop het om die onderhawige besluit te
neem.
1966 Algemene Sinode
Agenda, p 33
28 Vrymesselary:
Die volgende stuk is deur die Breë Moderatuur
vir publikasie goedgekeur:
Sien Bylae 1 p41 – 43
VERKLARING
DEUR DIE BREË MODERATUUR VAN DIE NED. GEREF. KERK OOR VRYMESSELARY
Op
sy eerste vergadering het die Algemene Sinode van die N.G. Kerk op 16 Oktober 1962
in verband met vrymesselary besluit:
(1)
Geen Vrymesselaar wat weier om as sodanig te bedank, sal in die toekoms as
lidmaat van die N.G. Kerk toegelaat word nie.
(2)
Lidmate wat tans tot die Vrymesselaars behoort, moet deur die kerkrade bearbei
en vermaan word om as lede van die Vrymesselary te bedank.
(3)
Geen Vrymesselaar sal toegelaat word om verder 'n kerklike amp in ons gemeentes
te beklee nie.
(4)
Kerkrade en ringe word van hierdie besluite verwittig en dit word aan hulle
opgedra om in hierdie gees te handel.
Die
Algemene Sinode het, bewus daarvan dat baie lidmate nie weet of verstaan waarom
hierdie besluite geneem is nie en dat sommige uit onkunde by die Vrymesselaars
aangesluit het, ook soos volg besluit:
“Ten
einde enige moontlike verwarring of misverstand te voorkom m.b.t. die Algemene
Sinode se besluit i.v.m. Vrymesselary, besluit die H.E. Sinode dat ’n kort en
bondige samevatting in pamfletvorm aan alle gemeentes vir leiding van lidmate
beskikbaar gestel moet word waarin 'n duidelike uiteensetting gegee word van
die vernaamste faktore wat die Sinode genoop het om die onderhawige besluit te
neem.”
In
duidelike taal is die gronde vir hierdie besluit uiteengesit en in pamfletvorm
versprei. Die daaropvolgende sinodes het hierdie besluit gehandhaaf en herhaal.
Die
Sinode van die N.G. Kerk van die Transvaal het in 1957 na ’n deeglike studie
vooraf ook besluit:
Dat die lidmate van die Kerk ten strengste vermaan sal word om nie by hierdie beweging aan te sluit nie aangesien dit alleen vir hulleself, hulle kerk en die Koninkryk van God tot nadeel kan strek; (b) om diegene wat by die Vrymesselary aangesluit het, dringend te vermaan om ter wille van Jesus Christus, Sy Kerk en Sy Evangelie hulle so spoedig moontlik los te maak van hierdie Kerk- en Staatsgevaarlike beweging en alleen met die geloofsgenote in Christus Jesus 'n heilige gemeenskap te sluit tot eer van die Here en tot uitbreiding van Sy Koninkryk; (c) dat geen Vrymesselaar tot enige kerklike amp mag gekies word nie.”
Ook
die Sinodes van Natal en die O.V.S. het na onafhanklike studie en besinning
reeds sedert 1951 en 1948 onderskeidelik teen die Vrymesselary gewaarsku en dit
as onskriftuurlik veroordeel. Met hierdie besluite het die N.G. Kerk nie in 'n
uitsonderingsposisie te staan gekom nie. Ander Protestantse kerke het tot
dieselfde gevolgtrekkinge gekom. Ons noem maar enkele: Die “ReformedPresbyterianChurch,”
die “FreePresbyterianChurch of Scotland,” die “OrthodoxPresbyterianChurch” van
Amerika, die “EnglishMethodists,” die “AmericanLutherans” en die verskillende
Gereformeerde Kerke.
Die
Algemene Sinode, oortuig daarvan dat die onderskeie rapporte en besluit nie op
onkunde of tweedehandse informasie of valse gronde berus nie, het net die
bevindinge en resultate van die onderskeie sinodes in een dekkende besluit
saamgevat.
Kortliks
kan die gronde vir die besluit van die Sinode soos volg opgesom word:
1.
Die Vrymesselary is nie ’n Christelike beweging wat op Christelike erf onder
inspirasie van die Evangelie ontstaan het nie, maar dank sy ontstaan aan
verskillende invloede buite die Christendom o.m. misteriedienste, Joodse
invloede, Mohammedanisme, Tempeliere en die messelaarsgilde van die middeleeue.
2.
Die Vrymesselary is ’n godsdiens, soos blyk uit sy ritueel, handelinge, liedere
en gebede, maar dan ’n godsdiens sonder Jesus Christus onse Here. Die “GreatArchitect
of theUniverse” word aangeroep, maar die Here word nie aanbid volgens die Woord
van God en deur Jesus Christus, die Weg, die Waarheid en die Lewe nie.
3.
Die godsbegrip van die Vrymesselary is heidens. Die God van die Skrif word nie
aanbid nie. Daar ook heidene in die intieme broederskap verenig word, kan die
Enige en Ware God nie aanbid word in die naam van Jesus Christus nie, maar word
'n God onder die naam JAHBULON aangeroep.
4.
Die Vrymesselary ontken die uniekheid van die Woordopenbaring en leer dat God
nie net deur die Heilige Skrif tot ons spreek nie, maar ook deur die boeke van
die groot heidense godsdienste.
5.
Die Vrymesselary leer dat Christus nie die enigste Verlosser van die mens is
nie. Met 'n leer van die selfverlossing van die mens en die loëning van die
verdorwenheid van die mens verwag hulle dat alle Vrymesselaars vreugde en vrede
in die tempel daarbo sal ontvang.
6.
Die etiese opvattinge en morele kode van die Vrymesselary is in stryd met die
Skrif. Deur sy losmaking van die moraliteit van die openbaring, sy onbetaamlike
ede, sy bevoorregting van sy lede ten koste van geregtigheid en die medemens
staan die Vrymesselary veroordeel in die lig van die Woord van God.
7.
Die Vrymesselary bind en verenig mense saam in 'n baie noue en intieme
broederskap en soek na 'n kerklike eenheid wat bo alle geloofsverdeeldheid
verhewe is en die belydenis van die Kerk tersyde stel. Daardeur word die geloof
afgebreek en die Kerk van Christus ondermyn.
Lidmate
wat miskien nog Vrymesselaars is, word derhalwe gevra om hulle verbintenis met
die beweging te verbreek en hulle gemeenskap met die gelowiges in Christus
Jesus alleen te soek.
Kerkrade
word daarop gewys dat Vrymesselaars wat aansoek doen om lidmaat van die Kerk te
word, eers die beweging moet verlaat alvorens hulle toegelaat kan word om
belydenis van geloof te doen of as lidmate aanvaar kan word. Ook mag
Vrymesselaars voortaan nie meer tot die ampte verkies word nie.
Namens
die Breë Moderatuur.
Johannesburg.
29
Januarie 1963.
A.
J. V. BURGER,
Scriba
Synodi.
Punte
22 – 28 Kennis geneem
Agenda, p 747
Besprekingspunte
2.7.5 Vrymesselary
In
die lig van moontlike kerkregtelike implikasies besluit die sinodale Kommissie
van Suid-Transvaal om die volgende beskrywingspunt aan die Alg Sin te stuur met
die oog op wysiging van die besluite van die Alg Sin van 1962 (Handeling 1962,
p249) insake Vrymesselary:
1.
Die Algemene Sinode herroep die bestaande besluite van 1962 en vervang dit met
die volgende:
2. Deur die jare heen het die NG Kerk teenoor sekere beginsels (veral die Godsbegrip) van die vrymesselary afwysend gestaan. Die Sinode handhaaf hierdie siening en dring by lidmate daarop aan om die vrymesselary met groot voorbehoud te benader.
3.
Lidmate wat die beginsels van die vrymesselary wat in stryd met die Skrif mag
wees, openlik propageer, moet deur kerkrade bearbei en indien noodsaaklik blyk
te wees, ook getug word.
1.
Hierdie besluite het verskeie negatiewe gevolge vir die praktyk meegebring,
onder andere dat lidmate daaroor die Kerk verlaat het; dat Kerkrade onwettig
saamgestel is vanweë gebrek aan kennis dat ’n bevestigde ampsdraer ’n vrymesselaar
is en dat die Kerk daarvan ten regte of ten onregte beskuldig is dat die bronne
wat as grondslag van bestaande besluite gedien het, nie bo verdenking is nie.
2.
’n Kerkregtelike beswaar is dat verbondenheid aan ’n organisasie medebepalend
vir NG lidmaatskap gemaak is. Toelating tot belydende lidmaatskap, soos die
betrokke formulier aandui, is alleen gegrond op ’n persoonlike konformasie met
die leer waarvan die aanname van Christus as persoonlike Saligmaker die kern
vorm en met ’n lewenswandel volgens die eise van die Skrif.
3.
As ’n kerk met groot lidmaatgetalle bedien die NG Kerk mense met verskillende
oortuigings wat met verskillende politieke partye, kultuurorganisasies en
groepe geassosieer is; instansies waarmee die NG Kerk hom nie noodwendig
vereenselwig nie.
4.
’n Verdere kerkregtelike beswaar teen bestaande besluit is vervat in die
beginsel dat ’n ongesensureerde manslidmaat die reg het om vir die besondere ampte
verkiesbaar te wees. Dit is sy kerklike sowel as sy burgerlike reg.
Sinodale
Kommissie Suid-Transvaal p
752
2.7.24
Lidmate verbonde aan die Vrymesselaarsbeweging
Die
Sinode van Noord-Transvaal versoek die Alg Sin om duidelike leiding te gee
insake die tughandeling wat in sy besluit van 1962 geïmpliseer word. (Acta AS
1962, p249)
Motivering:
Van
die kant van ’n ring is die vraag gestel of dit volgens die Gereformeerde
Kerkreg in orde is dat lidmate wat nie onder tug is nie, van kerkraadsampte
uitgesluit kan word.
Moet
die huidige maatreël nie uitgebrei word nie, sodat met lidmate wat lede van die
beweging is of word, die gewone pad van die tug geloop word, wat uitloop op
weerhouding van die sakramente en kerklike ampte en uiteindelik die afsnyding
by volharding.
Sinode van Noord-Transvaal p767
2.8.28
Vrymesselary
Die
Algemene Sinode gee ’n duidelike interpretasie van die kerkregtelike handeling
wat in die besluit van die Algemene sinode (1962) ten opsigte van Vrymesselary,
beliggaam is of veronderstel word.
Sinode
van Midde-Afrika
1982 Notule, p 1098 –
1099
5.
Vrymesselary (p 747 (2.7.5))
Aanbevelings:
5.1
Die sinode besluit om die standpunt met betrekking tot Vrymesselary (1962) soos
volg te herformuleer:
5.1.1
Die Sinode herbevestig sy afwysing van die beginsels in die Vrymesselary wat
onbybels is en oordeel daarom dat lidmate nie lede van die Vrymesselary behoort
te wees nie.
5.1.2
Lidmate wat die beginsels van die Vrymesselary, wat in stryd met die Skrif is,
onderskryf, moet deur kerkrade bearbei en indien noodsaaklik blyk te wees, ook
getug word.
p 1103
24
Lidmate verbonde aan Vrymesselaarsbeweging (p 752, (2.7.24))
Aanbevelings
25.1
Die Sinode neem kennis van die beskrywingspunt.
25.2 Die Sinode volstaan met die aanbeveling in verband met beskrywingspunt 2.7.5.
p
1420
5.
Vrymesselary (p747, 2.7.5)
Aanbevelings
nie aanvaar nie
Die volgende amendement dien en word goedgekeur:
Die Sinode volstaan met sy besluit insake vrymesselary van 1962 (Handelinge AS p 4\248) wat soos volg lui:
1. Geen vrymesselaar wat weier om as sodanig te bedank, sal in die toekoms as lidmaat van die NG Kerk toegelaat word nie.
2.
Lidmate wat tans tot vrymesselaars behoort, moet deur kerkrade bearbei en
vermaan word om as lede van die vrymesselary te bedank.
3. Geen vrymesselaar sal toegelaat word om verder ’n kerklike amp in ons gemeentes te beklee nie.
4. Kerkrade en ringe word van hierdie besluite verwittig en dit word aan hulle opgedra om in hierdie gees te handel.
1986 Algemene Sinode
Notule, p 613
12. Vrymesselary
B6.13 Vrymesselary
Die
Sinode besluit:
Die
Algemene Sinode word versoek om sy besluit van 1962 en 1982 omtrent
Vrymesselary te herroep en sy ernstige oorweging aan die beskrywingspunt van
die Sinodale Kommissie van Suid-Transvaal (Agenda Alg Sin 1982, p 747, 2.7.5.)
Wat soos volg lui:
[Sien
hierbo – Algemene Sinode1982, p747, 2.7.5]
12.1.2
Die Sinode dra dit aan die Algemene Kommissie vir Leer en aktuele Sake op om
die studie i.v.m. die Vrymesselaar se lidmaatskap van die NG kerk te onderneem
en aan die volgende sinode te rapporteer.
Hiermee
is die verslag afgehandel.
1990 Algemene Sinode
Agenda, p123
Verslag van Leer en Aktuele Sake
6.18 Kerklidmaatskap van die Vrymesselaar
6.18.1 Opdrag
Die
Algemene Sinode dra dit aan die AKLAS op om gedurende die reses ’n studie in
verband met die Vrymesselaar se lidmaatskap van die NG Kerk te onderneem, en
aan die volgende sinode te rapporteer.
Volgens
die opdrag van die Sinode is die Kommissie nie gevra om ’n studie van die
Vrymesselary as sodanig te onderneem nie. Die Vrymesselaar se lidmaatskap van
die NG Kerk is heroorweeg. Na besinning beveel die Kommissie soos volg aan:
6.18.3
Aanbevelings
6.18.3.1
Die Sinode volstaan met sy standpunte wat by die Sinodes van 1962 en 1982 oor
hierdie saak ingeneem is.
6.18.3.2
Die Sinode versoek kerkrade om op ’n simpatieke wyse vrymesselaars daarop te
wys dat die kerk nie anders kan as om te sê dat die beginsels van die
Vrymesselary onversoenbaar is met die beginsels van die Evangelie nie. Daarom
word op hulle ’n ernstige beroep gedoen om in die lig van hulle gewete,
hulleself af te vra of hulle lidmaatskap van die organisasie met hulle
lidmaatskap van die kerk versoen kan word.
1990
Notule, p 517
4.
Vrymesselary (Verwys na TRK – sien Agenda p124 6.18.3)
Aanbevelings
– Goedgekeur
Die
Algemene Sinode vervang die besluite van 1962 en 1983 oor Vrymesselary en die
kerklike tug met die volgende:
1.
Die Algemene Sinode herbevestig sy sterk afwysing van daardie beginsels en
Vrymesselary wat onbybels is.
2.
Die Algemene Sinode versoek kerkrade om Vrymesselaars op ’n simpatieke wyse daarop
te wys dat die kerk nie anders kan as om te sê dat die beginsels van die
Vrymesselary onversoenbaar is met die beginsels van die Evangelie nie. Daarom
word op hulle ’n ernstige beroep gedoen om hulle self in die lig van hulle
gewete af te vra of hulle lidmaatskap van dié organisasie met hulle lidmaatskap
van die kerk en bekleër van die ampte [dienswerk in die ampte] versoen kan
word.
3.
Dit is die verantwoordelikheid van die kerkraad om die Bybelse vereistes vir
die ampte konsekwent toe te pas.
1994 Algemene Sinode
Notule, p 466
Aanbevelings
van die Tydelike Kommissie vir Leer en Aktuele Sake, nadat 2 beskrywingspunte
oor Vrymesselary voorgelê is;
3.3
Vrymesselary
3.3.1
Die algemene Sinode aanvaar nie die beskrywingspunt nie
3.3.2
Die Algemene Sinode volstaan met die besluite van die Algemene Sinode 1990
2007 – Kerkorde
van die NG Kerk in SA
Besluite en Aanbevelings
46.
Vrymesselary
46.1 Die
Algemene Sinode vervang die besluite van 1962 en 1982 oor Vrymesselary en die
kerklike tug
met die volgende:
46.1.1 Die
Algemene Sinode herbevestig sy sterk afwysing van daardie beginsels van Vrymesselary
wat onbybels is.
46.1.2 Die
Algemene Sinode versoek kerkrade om op 'n simpatieke wyse vrymesselaars
daarop te
wys dat die kerk nie anders kan nie as omte sê dat die beginsels van die
vrymesselary onversoenbaar is met die beginsels vandie evangelie. Daarom word
op hulle 'n ernstige beroep gedoen om in die lig van hulle gewete hulleself af
te vra of hul lidmaatskap van dié organisasie met hul lidmaatskap van die kerk
en bekleding van die ampte versoen kan word.
46.2 Dit is
die verantwoordelikheid van die kerkraad om die Bybelse vereistes vir die ampte
konsekwent toe te pas (Algemene Sinode 1990).
2013 Algemene Sinode
BESLUITE VAN
DIE ALGEMENE SINODE OOR DIE VRYMESSELAARS
(A.14 bl 257
pt 7.2) – goedgekeur:
Die Algemene
Sinode besluit dat die besluite oor die Vrymesselary wat geneem is deur die
Algemene Sinode 1990, opgeneem word in die Kerkorde onder die Funksionele
Besluite.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Baptiste Kerke - Gemeentes
by wie navraag gedoen is, het dit as beleid dat geen vrymesselaars aan die
gemeente mag behoort nie.
(Mondelingsverneem)
Volle Evangelie Kerk -
Vrymesselary is nie versoenbaar met Christen wees nie. (Mondelings verneem)
Afikaanse Protestantse Kerk – Geen
vrymesselaar mag op die kerkraad dien nie.
(Mondelings verneem)
Pinkster Protestantse Kerk-Vrymesselaars
mag op geen rade dien nie. Indien hoog op in die organisasie mag hulle ook nie lidmate
word nie. (Mondelings verneem)
BEKENDE VRYMESSELAARS
INVLOEDRYKE LEIERS
ANDER VRYMESSELAARS
Om net 'n paar te noem
BEKENDE SUID AFRIKAANSE VRYMESSELAARS

AANBEVOLLE
NASLAANWERKE.
INVLOEDRYKE LEIERS
ALBERT MACKEY
ALBERT PIKE
ALBERT PIKE
GUILIANO DI BERNARDO
GUILIANO DI BERNARDO
ANDER VRYMESSELAARS
Om net 'n paar te noem
BEKENDE SUID AFRIKAANSE VRYMESSELAARS
Voortrekkers,
Boeregeneraals, bekende dominees en selfs presidente was in die vormingsjare
van Pretoria lede van ‘n wêreldwye organisasie, wat ook ‘n invloed op
stigtingsvaders van Amerika gehad het.
Die
vrymesselaars sê dat hulle nie ‘n geheime organisasie is nie, maar ‘n
organisasie met geheime. Was dit ‘n geheim dat Boeregeneraals en -offisiere
soos Danie Theron, Piet Joubert, Piet Cronjé, Ben Viljoen, Louis Botha, JC
Smuts, dr WJ Leyds, SG Vilonel, JP Wessels, Ben Havenga, Philip Botha, HP van
der Post, SPE Trichardt, Piet Visser, JH Olivier en George Band vrymesselaars
was?
Vrystaatse
en ZAR-presidente wat vrymesselaars was, sluit in, presidente MW Pretorius, Jan
Brand,FW Reitz en Francois Burgers; die waarnemende Vrystaatse president PJ
Blignaut en waarnemende ZAR-presidente Schalk Willem Burger, Stephanus Schoeman
en Daniël Jacobus Erasmus.
Só sê
dr Jan van der Merwe in sy artikels, ‘Vrymesselary voor die aanvang van die
Suid-Afrikaanse Oorlog’ en ‘Vrymesselary ten tye van die Suid-Afrikaanse
Oorlog’. Jan het ’n doktorsgraad in antropologie. Hy was van 2007 tot 2009 ’n
direksielid van die Afrikaner-Broederbond. Hy is die voorsitter van die raad
van die Anglo-Boere-oorlog museum in Bloemfontein en werk as navorser by die
Mangaung Metro Munisipaliteit in Bloemfontein.
Volgens
Jan se navorsing was die volgende Afrikaanse taalvaders ook vrymesselaars: CJ
Langenhoven, AG Visser, ‘Onse Jan’ Hofmeyr, Toon van den Heever, FW Reitz, AD
Keet en AA Pienaar (Sangiro).
Suid-Afrika
se eerste staatspresident ná republiekwording, Blackie Swart, was ‘n
vrymesselaar en so ook die latere Vrystaatse administrateurs, Cornelius Wessels
en AEW Ramsbottom.
Die lys
van bekende Afrikaners wat by die vrymesselary betrokke was, is te lank om hier
te noem. Dit strek van kolonel JCC Laas, die stigterslid van die
Ossewabrandwag, Gustav Preller en advokaat Tielman Roos tot ‘n lang lys
hoofregters, ministers en burgemeesters.

'n Groep Vrymesselaars van Pretoria, 1864. Voor: R. Cottle Green, T. Hodgson, M. de Vries, John Rob. Lys en G.B.A.D. Arnoldi. Agter: Hermann Jeppe, Jan C. Preller, Otto Weeber en Fred Jeppe. In hulle dae was almal bekende Pretoriane.
1. Freemason's Guide and Compendium, Bernard E Jones,
B P C Wheatons, Eric Dobby Publications, Kent.
(Jhb Biblioteek)
2. Freemason's
Pocket Reference Book, Frederick Muller Ltd, London. (Jhb Biblioteek)
3. The
Freemason's Manual, How Johan Hogg. (Jhb
Biblioteek)
4. Ritual Scot
Mark, (Jhb Biblioteek)
5. World
Freemasonry, John Hamill (Researcher United Grand Lodge), R A Gilbert. (Secunda
Biblioteek)
6.Freemasons and the Image of Man, Giuliano Di
Bernardo (Life member 330), Freestone, 1989. (Secunda Biblioteek)
7. Born into
Blood, The Lost Secrets of Freemasonry, John J Robinson, Random Century, Posbus 337 Bergvlei, 2012. SA, 1990.(Secunda
Biblioteek)
8. Inside the
Brotherhood, Martin Short, Grafton Books, 1989. (Secunda Biblioteek)
9. The
Brotherhood, Stephen Knight, Grafton Books, London, 1985. (CNA
Boekwinkels)
10. Die VrymesselaryOntmasker, Dr J D Vorster, Ds F N
van Niekerk, N G KerkUitgewers, Kaapstad/Pretoria, 1973.
11. a Frank Exposure of Masonry: Reprinted from THE
BAPTIST EXAMINER, Russell, Kentucky, for National Christian Association,
Publishers of literature Exposing Lodge Religion and other perversions of the
Christian Faith. 850, West Madison Street, Chicago, Illinois, USA.
12. The Nature of Freemasonry, Dr Hubert Box, Augistine Press, London, 1952.
13. Rituaal Nederlandse Groot Loge Zuid-Afrika, Citadel
Drukkers, Breëstraat, Kaapstad, 1952.
14. The Masonic Journal of South Africa, The Masonic
World Pty/ Ltd, Hoek van Fox en Smalstr, Posbus 4999, Jhb.
15. a Comprehensive Dictionary of Freemasonry, Beha
Ernest, Arco Publications, 1962.
16. The Manual of Freemasonry, Richard Carlile, Wm
Reeves, London, 1845.
17. Freemasonry and the Anti-Christian Movement, E
Cahill, Gill and Son, Dublin, 1952.
18. The Freemason at work, Harry Carr, Lewis Masonic,
1976.
19. History of Freemasonry, R F Gould, Caxton, 1951.
20. Freemason's Book of the Royal Arch, Bernard E
Jones, Harrap, 1957.
21. Freemason's Guide and Compendium, Bernard E Jones,
Harrap, 1950.
22. Freemasonry a Way of Salvation, Rev John Lawrence,
Grove Books, 1982.
23. Masonic Jurisprudence, Rev John Lawrence, A Lewis,
1923.
24. The Apocalypse of Freemasonry, F de P Castells, A
Lewis, Paternoster, London, 1943.
25. Our Ancient Brethren, the origions of Freemasonry,
F de P Castells, A Lewis, Paternoster, London, 1952.
26. Historical Analysis of the Royal Arch Ritual, F de P Castells, A Lewis, Paternoster,
London, 1929.
27. Origin of Mosonic Degrees, F de P Castells, A Lewis, Paternoster,
London.
28. The Genuine Secrets in Freemasonry Prior to AD
1717, F de P Castells, A Lewis, Paternoster, London.
29. Antiquity of the Holy Royal Arch, F de P Castells, A Lewis, Paternoster,
London, 1927.
30. Freemasonry and its Etiquette with which is
incorporated The Etiquette of Freemasonry by an "Old Pastmaster"
Everden, London, A Lewis, 1919.
31. The Freemasons, Eugen ennhoff, A Lewis, 1934.
32. Secret Societies, Mackenzie, Aldus, 1967.
33. Encyclopedia of Freemasonry, Albert G Mackey, 3
Volumes, Macoy Publ. and Suppl. comp. Richmond, Virginia, 1946.
34. Freemasonry Exposed, William Morgan, Glasgow,
1836.
35.'n Oorsig van die Sinodale Kommissie verslag
van die N G Kerk (Kaapland) oor Vrymesselary.
36. The Menance of Freemasonry to the Christian
Church, Eerw C Penny Hunt, Freedom Press, Nottingham.
37. Masonic Queries and problems, Herbert F Inman, A
Lewis, Masonic Publishers, London, 1950.
38. Joy tydskrif, Junie 1995.
39. Royal Arch working Explained, Herbert F Inman,
Spencer Co, London, 1933.
40. Highways and Byways of Freemasonry, J T Lawrence,
A Lewis, London, 1945.
41. The perfect Ceremonies of Craft Masonry,
copyright, A Lewis, London, 1920.
42. Waaromek die Vrymesselaryverlaat het, George
Schmidt, Sacum Bpk, bus 478, Bloemfontein.
43. The Builders, a Story and Study of Freemasonry, J
F Newton, Hogg, 1917.
44. Freemasonry , H Thurston, CTS Pamphlet.
45. Light Invisible, A Freemason's Answer to Darkness
Visible, Vindex, Britons Publishing, Co, 1952.
46. Facts for Freemasons, H V B Voorhis, Macoy
Publishing Co, 1951, Revised 1979.
47. Christianity and American Freemasonry, William J
Whalen, Bruce Publishing Co, Milwaukee, 1958.
48. The Masonic Initiation, Wilhmshurst.
49. Secret Societies and Subversive Movements, N H
Webster, Boswell Publishing Co Ltd, London, 1946.
50. Zyn Alle Godsdienste Gelyk ? Dr J Verkuyl,
Pro Rege-pers, Bpk, Potchefstroom, 1952.
51. Masonic Studies, Thoughts and Queries, C H Van Zyl
(Past Assistant District Grand Master, S A, Western Division.)
52. The Complete Workings of the Royal Arch Degree,
Privately printed for A Lewis, London, Copyright, 1948.
53. Ritual of the Holy Royal Arch as taught by the
Aldersgate Chapter of Improvement No 1657, Privately printed for A Lewis,
London, Copyright, 1948.
54. Masonic Jurisprudence, A Lewis, (Masonic
Publishers) Ltd, London, 1946.
55. Perfect Cermonies of Craft Masonry According to
the most Aproved forms as taught in The Unions Emulation Lodge of Emprovement
for M'M's, Freemasons' Hall, London. Privately printed for A Lewis, London.
56. Who was Hiram Abiff ? J S M Ward, Baskerville
Pres, London.
57. Vrymesselary 'n Broederskap sonder Christus, F N
van Niekerk, SACUM Bpk, Posbus 478, Bloemfontein.
58. Vrymesslary, SyGeheime, SyGevare. F N van Niekerk,
SACUM Bpk, Posbus 478, Bloemfontein.
59. Redes waarom die Kerk teen Vrymesselary gekant is.
F N van Niekerk, SACUM Bpk, Posbus 478, Bloemfontein.
60. Freemasonry, From Darkness into Light, Go-Tell
Video. P O Box 1213, Gardenview, 2047.
61. Godmakers, Go-Tell Video. P O Box 1213,
Gardenview, 2047.
62. Merit Students Year Book, Collier MacMillan
Publishers, London, 1985.
63. Merit Students Encyclopedia, Volume 7, Collier
MacMillan Publishers, London,1982.
64. How to respond to the Lodge, L James Rongstad,
Concordia Publishing, Saint Louis, Missouri.
65. Strange Altars, Julius w Acker, St. Louis,
Concordia Publishing House, 1965.
66. Christian by Degrees, London, Britons Publishing
Co. 1964.
DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
- Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
- Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
No comments:
Post a Comment