Showing posts with label Doop. Show all posts
Showing posts with label Doop. Show all posts

Tuesday, 19 July 2016

ALGEMENE KENMERKE VAN DWAALINGE EN AFGODSDIENSTE


ALGEMENE KENMERKE VAN DWAALINGE EN AFGODSDIENSTE

 
 a. Daar is ‘n groot verskeidenheid van afgodsdienste en dwalinge wat verkondig word, elkeen het sy eie karaktertrekke en ontstaan. Vele het hulle ontstaan uit reeds bestaande gelowe gehad, maar het dan wysigings daaraan gebring en ‘n nuwe “geloof” of “groep”  tot stand gebring.

 b. Vanuit die Christelike standpunt van geloof in die Drie-Enige-God wat Homself aan ons in Christus en sy geskrewe woord openbaar, gebruik ons die Skrif as maatstaf om alle leringe te beoordeel:
·         Hand 17:11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

c. Somtyds is dit nie so maklik om te sien wat die ware wese of kern van die “godsdiens” of “groep” of “geloof” is nie. Baie kom op die oogaf goed en reg voor en daarvoor is ‘n dieper ondersoek nodig. (Om net hulle byeenkomste by te woon help nie veel nie)

 d. Ons kan na die volgende sake oplet wanneer ons ‘n “godsdiens”,  “kerk”, “groep”, “geestelike organisasie” of  “lering” evalueer.


1. Vrae die volgende  vrae:

·         Wat is die gesaghebbende bron wat gebruik word vir lering?

·         Wie is die God wie aanbid word?

·         Wie is Christus volgens  hulle?

·         Wie mag deel word van die groep of godsdiens?

·         Wat is die vereistes vir ‘n persoon wat deel wil word van die groep/godsdiens/kerk?

 Probeer om die antwoorde nie by die lede self te kry nie, maar vra na hulle geskrifte, dokumente, kategismus, ensomeer wat dit uitspel.


2. Let op na die leierskap samestelling, en optrede van die organisasie, godsdiens of groep. Gevaartekens kan die volgende wees:

·         Lering en gesag is gesetel in een persoon.

·         Lering en gesag is gesetel in die leierskapgroep.

·         Die woord van die leier of leiers mag nie bevraagteken word nie.

·         Die leier of leiers ontvang openbaringe direk van God af.

·         Die ontvangs van openbaringe van engele aan die leier of leiers (Gal 1:8).

·         Gee die leier/leiers waarborge van ewige saligheid.

·         Kan jy jou “redding”/”saligheid” verloor indien jy jou nie aan die leierskap onderwerp nie?

 
3. Let op die beheer en dissipline wat op lede uitgeoefen word:

·         Geen ander literatuur as die van die godsdiens/groep/kerk mag gelees word nie.

·         Lede word verbied om met gewese lede, wat die groep/godsdiens/kerk verlaat het, kontak te maak.

·         Verhoudings met ouer/vriende moet verbreek word indien hulle teen “lidmaatskap” by die groep/godsdiens/kerk is.

·         Tug en dissipline deur die leierskap toegepas moet sonder voorbehoud aanvaar word.

·         Lede wat die lering en  of die leiers se optrede bevraagteken word as afvalliges, of swak gelowiges gebrandmerk.

·         Lede word geindoktrineer, gemanipuleer, emosioneel afgepers of gedreig

·         Lede word fisies beperk van vrye beweging.

·         Toestemming moet by die leierskap gekry word, voordat vriendskapverhoudinge,  vakansies, huwelike, saketransaksies, ensomeer  gereël, beplan of aangegaan mag word.

·         Word lede met dreiging, afpresing, agressie gekonfronteer indien hulle van die leier/leiers of die groep/godsdiens/kerk verskil?

 
4. Let op wyse wat met finansies omgegaan word:

·         Verpligte afgeforseerde bydraes moet gemaak word.

·         Leringe is deurspek met verwysings na finansies.

·         Geen rekenskap word deur die leier/leiers gegee rakende die groep/godsdiens/kerk se bestuur van die finansies nie.

·         Is die leier/leiers besig om homself/hulself te verryk?

·         Word beloftes van gewaarborgde finansiële voorspoed voorgehou indien gereelde bydrae gemaak word?

·         Word waarskuwinge van katastrofiese teëspoed voorgehou indien nie gereelde bydrae gemaak word?

·         Kan jy skipbreuk ly aan die ervarings van wonderwerke, genesing, ensomeer indien jy nie finansiële bydrae gee nie?

·         Kyk jou redding ingedrang kon indien jy nie finansiële bydrae gee nie?

 
5. Let op na die groep/godsdiens/kerk:

·         Beskou hulle hulself as die enigste ware geloof?

·         Beskou hulle hulself as die mondstuk van God?

·         Beskou hulle hulself as moreel hoër dan ander godsdienste/kerke?

·         Let op die gebruike en rituele in die groep/godsdiens/kerk.

·         Let veral op na die leringe in die kerke.

e. Let op die volgende Skrifte en tree inooreenstemming daarmee op

·         1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

·         2 Pet 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;

·         Markus 13:22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

·         Matt 7:22&23 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

·         Hand 20:30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

·         Matt 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

·         2 Kor 11:3&4 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 4 Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.


DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:

  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 
 

BIBLE BELIEVERS/JESUS ONLY - BRANHAM.


BIBLE BELIEVERS/JESUS ONLY - BRANHAM.

 
 
 
Hierdie is ook nie ‘n in diepte bespreking van die groepe nie, maar stel net die basiese daar.
 

A. William Marrion Branham

            # Gebore op 6 April 1909 in Kentucky.

            # Sterwe op 24 Desember 1965.

            # Begrafnisdiens word gehou op 29/12/ 1965, maar hy word nie dadelik begrawe nie; daar word gehoop dat hy sou opstaan.

            # Hy word eers begrawe op 11 April 1966.

            # In 1956 betaal hy $ 40,000 aan die staat, in ‘n buite hofskikking, nadat hy vervolg is agv belasting ontduiking.

            # Sy volgelinge is die “Messengers” of “Branhamites”

 B. Sy lering:

 1. DIE HEL.

            # Die hel is nie vir ewig nie, maar sal tot niet gemaak word.


2. DIE VROU.

            # Die vrou is nie geskape nie; sy is ‘n by-produk van die man.

            # Diere is van ‘n hoër spesie as die vrou, want hulle is ten minste uit niks geskape.

            # Vroue is die mees verleidelike en verleibare wesens wat bestaan.

            # Die vrou dra ook die saad van die slang.

            # Die slang en Eva het geslagsgemeenskap in die tuin gehad en so is Kain gebore.

            # God se plan was dat die mense moes voortplant uit die stof van die aarde. Eva se optrede met die slang het dit egter verander.

            # Asgevolg van Eva en die slang se geslagsgemeenskap het ‘n tweede rangse metode van voortplanting ontstaan.

            # Elke vrou dra die letterlike saad van die duiwel.

            # Hyself het gesê: “Everytime that a funeral goes down the street, a woman caused it... Everything that’s wrong, a woman caused  it.” 


3. TROU/EGSKEIDING.

            # Omdat die vrou seks aan die man voorgestel het, het poligamie ontstaan.

            # Die straf van die vrou was dat ‘n man meer as een vrou kon hê, maar ‘n vrou net een man.

            # Toe die Here oor egskeiding gepraat het, het Hy net met die vrou gepraat, nie met die man nie.

            # ‘n Vrou mag onder geen omstandighede weer trou nie.

            # Die man mag skei, net wanneer hy wil en weer trou, maar met ‘n maagd.
 

4. DIE MERK VAN DIE DIER.

            # Denominalisme is die merk van die dier.

            # Die Protestante is die hoer.

            # Die Katolieke is die dier.

            # Hy skryf in sy boek“AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 265 “Come out of her (Organized religion) My people, that ye be not partakers of her sins...”


5. SY STATUS.

            # Hy is die eindtyd (Die Laodicense kerktyd) profeet.

            # Hy kan die sewende seël van die boek Openbaring bekendmaak.

            # Volgens sy volgelinge is hy die profeet, vir die eindtyd, waarvan Mal 4:5 praat,


6. DIE KRAG VAN SY MOND.

            # Hy het gemeen dat daar ‘n dag sou kom, wanneer die woorde uit sy mond die mense se fisiese liggame in verheerlikte liggame sou verander, gereed vir die wegraping.

            # Hierdie krag sou losgelaat word, want sy mond was spesiaal gevorm om die ware naam van God, JHWH, korrek uit te spreek. Hierdie naam was nog nooit reg uit gespreek nie.


7. DIE DRIE-EENHEID.

            # Op ‘n kassetopname verklaar hy dat die Drie-Eenheidsleer van die duiwel is.

            # Hy leer ook dat mense hulle moes oor-doop in die naam van Jesus Christus.

            # Hy leer dat daar net een persoon is wat homself as die Vader, dan die Seun, dan die Heilige Gees voordoen.

            # Hy ontken die bestaan van ‘n Drie-Enige-God.

            # Hy leer dat die woorde Vader, Seun en Heilige Gees slegs, titels is vir die een persoon Jesus Christus.

            # In sy boek“AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” deur William Marrion Branham self geskryf sê hy die volgende:
             P 18 - They also state, “God, according to the Bible, is not just one person, but He is three persons in one God. That is the great mystery of the Trinity. It sure is. How can three persons be in one God? Not only is there no Bible for it, but it shows even a lack of intelligent reasoning.”
             P19 - “This Trinity was based upon the many gods of Rome”

 8. ANDER SAKE.

            #  Hy skryf in sy boek “AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 324 “The word always came by a prophet and always will”

            # Hy het onder andere sewe visioene gehad, wat volgens hom almal in vervulling moes gaan teen 1977.

            # Hy voorspel ook die begin van die einde van die VSA in 1977.

            # Hy skryf in syboek “AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 322 “So I repeat, I sincereley believe and maintain as a private student of the word, along with Divine inspiration that 1977 ought to terminate the world systems and usher in the millenium.”

            # Hy skryf in syboek “AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 340 “Yes sir, the church is no longer the ‘mouthpiece’ of God” It is it’s own mouthpiece. So God is turning on her.” 


DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  

ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 

 

KERK VAN CHRISTUS (THE CHURCH OF CHRIST) “BOSTON CHURCH OF CHRIST”


KERK VAN CHRISTUS (THE CHURCH OF CHRIST)  “BOSTON CHURCH OF CHRIST”



Soos reeds genoem is hierdie slegs 'n baie kort oorsig van hierdie organisasie.

Die stigter, Kip McKean het by Crossroads  gestudeer. In Massachusetts begin hy die Boston Church of Christ. Hy beweer dat die Here God in sy hart ‘n plan geplaas het om die wêreld te evangeliseer. Die stelsel behels ook absolute gehoorsaamheid aan persone in hoër gesag, sonder enige teëpraak.

Tans is daar ‘n gratis “Bybelstudie” op die internet beskikbaar,waarin hul “leringe” verkondig word.

Hierdie groep stig gemeentes in stede en dan word na die gemeente verwys as die “Church of Christ” en as voorvoegsel die stad of dorp se naam. Bv “Boston Church” of Christ, “Johannesburg Church of Christ”, ens.

Hulle het voorheen bekend gestaan as die Boston Movement. Hulle maak gebruik van beginsels waarmee Crossroads begin het naamlik Dissipelskap en Herderskap, maniplulatiewe en indroktrinerende metodes, gebaseer op “mind control” beginsels

Hulle groei veral in die sg “Westerse wêreld” teen ‘n geweldige tempo.

 ‘n Kort opsomming van waarin hulle glo en leer
 
a. Hulle beskou hulself as die enigste ware kerk van Christus

·         Boston Church of Christ is "the only true `Christian' religion" (The Cult Observer, Sept./Oct.)

b. Hulle glo in wedergeboorte dmv die doop  (Baptismal regeneration)

c. Hulle glo dat jy “oorgedoop’ moet word, want slegs hulle het die regte doop. Al die ander is nie geldig nie. Jy moet gedoop word deur iemand wat ‘n gesagsposisie in die Bost n Church of Christ beklee.

d. Hulle leer dat die doop ‘n absolute noodsaaklikheid is vir redding en die vergifnis van sonde.
·         "The Boston Church of Christ teaches that when one initially receives Jesus Christ, one's response must include faith, repentance, confession, and water baptism. It teaches that apart from water baptism, one's sins are not forgiven" (The Issue of Water Baptism and the Boston Church of Christ, E. Bourland, P. Owen and P. Reid, p. 1).

 f. Hulle glo in die absolute gesag van die leiers in die Kerk.

‘n Leier genaam Baird het gesê: “If the leader commands one to do something, even if it is not "Christ-like," the member must submit!”

 Van die gewese volgelinge vertel die volgende:

·         Getroude lede word selfs voorgeskryf hoe gereeld hulle seks met hul huweliksmaats mag hê. (Time, 18 May 1992, p. 62).

·         Ekstreme beheer word op lede geplaas rakende verhouding met die teenoorgestelde geslag.

·         Lede mag slegs in verhoudings met ander lede uitgaan, maar mag nie vaste verhoudings aangaan. sonder toestemming van die leiers nie.

·         Lede mag nie trou, sonder die toestemming van die kerk nie.

·         Indien daar van lede verwag word om iets te doen, word dit as God se wil beskou.

·         Indien jou vriende of familie nie saamstem met jou betrokkenheid by die kerk nie, dan moet jy alle bande met hul verbreek.

·         Lede wat dit waag om die leier of die leringe van die kerk te bevraagteken word as geestelik swak afgemaak en met ewige verdoemenis gedrieg. Soos met ander kultusse word lede verbied om met “afvalliges” kontak te maak.

Hul hierargie sien as volg daaruit

·         Kip McKean, dan volg die ouderlinge, dan die evangeliste, dan sektor evangeliste, dan Zoneleiers, dan huisleiers, dan Bybelgespreksleiers, dan Dissipeleerders, dan die lede ook genoem die dissipels

 Sommige inligting verkry vanuit:

·         Dan Anderson, Steven Rauch & Rafael Martinez, Spiritwatch Ministries

·         Reveal.org


·         http://www.apttoteach.org/Theology/Church/pdf/815_Church_of_Christ.pdf

 
Bronne wat u kan raadpleeg:

·         REVEAL. A Time To Speak: A Personal Journal of My Years in the Boston Movement.

·         Burks, Ron & Vicki. Damaged Disciples: Casualties of Authoritarian Churches and the Shepherding Movement. Grand Rapids, Michigan: Zondervan, 1992.

·         Johnson, David and Jeff VanVonderen. The Subtle Power of Spiritual Abuse: Recognizing and Escaping Spiritual Manipulation and False Spiritual Authority Within the Church. Minneapolis, MN: Bethany House, 1992

·         Yeakley, Flavil R., ed. The Discipling Dilemma. Nashville, TN: Gospel Advocate Press, 1988.

·         Appel, Willa. Cults in America: Programmed for Paradise. New York: Holt, Rinehart & Winston, 1983.

·         Jones, Jerry. What Does the Boston Movement Teach? Volume 1. Bridgeton, Mo.: Mid-America Book and Tape

·         Sales, 1987.

·         Jones, Jerry. What Does the Boston Movement Teach? Volume II. Bridgeton, Mo.: Mid-America Book and Tape

·         Sales, 1990.

·         Jones, Jerry. What Does the Boston Movement Teach? Volume III. Bridgeton, Mo.: Mid-America Book and Tape Sales, 1993.

·         Sire, James W. Scripture Twisting: 20 Ways Cults Misread the Bible. Downers Grove, Illinois: InterVarsity Press, 1980

·         Daar is veel meer wat genoem kan word.

 
Die volgende artikel was op internet gepubliseer:
 

NEWS FLASH: Kip McKean Resigns!


The very foundations of the International Church of Christ have been rocked by the resignation of its founder and leader Kip McKean. McKean has resigned as supreme ICC leader because “my leadership in recent years has damaged both the Kingdom [ICC] and my family”, and “I take full responsibility for how my sins have spiritually weakened and embittered many in our churches”. Many suspect, of course, that the reasons given are probably a smoke screen designed to hide the primary shortcoming which has forced McKean to resign.

Kip McKean was the person on which the ICC was modelled on. Everybody wanted to be like Kip. (see quotes below). He is the originator of many of the foundation ICC practices and doctrines. Therefore, it is difficult to see how any ICC member can avoid asking himself or herself the hard question; if Kip was flawed all this time, and the ICC was based on Kip McKean, then doesn’t it follow that the ICC must be seriously flawed too?

“You can tell the spirit of a church the moment you walk in. I walk into a church, I know all I need to know about that minister. I walk into that church, and I know this is either a total reflection of this man’s life, or he has lived such an atrocious life before the Lord, that this is a rejection of his life. Let me tell you something, your church is going to be just like you. ” —Kip McKean, August, 1992: BOSTON LEADERSHIP CONFERENCE, “THE SUPER CHURCH”

Current ICC members need to realize that the ICC is NOT the “Kingdom of God” as the ICC claims. ICC members can leave the ICC and still be saved. Current members need to seriously revaluate their involvement in the man made edifice that is called the International Church of Christ. They should not be fooled by the cosmetic damage controlling reorganizing of ICC leadership; the ICC in essence has not changed.

At Cultwatch we recommend that ICC members take a couple of months holiday from the ICC. During their time away they should diligently research the other side of the story, the side the ICC leadership do not want you to know. The links at the bottom of this page are a great place to start your research. Also you should read www.HowCultsWork.com

Leaving the ICC means you are no longer guilty of being a partner in it’s destructive practices. It means you can follow God instead of men. It means coming to understand that your salvation is not based on membership of a church, but rather on your status before God.
 

Hierdie mense is mense wat vasgevang is in verkeerde leer en is net soos sommige ander, mense wat nog nie die reddende genade van Jesus Christus ervaar het nie.  Hulle moet nie beskou word as 'n vyand wat vermy moet word nie, maar eerder as verlore mense oppad na 'n ewige verdoemenis, wat evangeliseer moet word
DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                    
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.