Sunday 17 July 2016

OU APOSTOLIESE GELOOF


OU APOSTOLIESE GELOOF


Die ontstaan van die Ou en die Nuwe Apostoliese kerke gaan terug na die wortels in Engeland tydens ‘n sg “ontwaking” waar die Katolike Apostolies  Gemeentes te Albury gestig is. (In beide die Nuwe en die Ou Apostoliese kerke sal trekke van Katolisisme opgemerk word) Edwin Irving, ‘n Skotse prediker het hier ‘n leidende rol gespeel.

Hulle versprei na Duitsland en daar kom ‘n skeuring en Biskop Schwartz breek weg en vorm ‘n Nuwe Apostoliese kerk

In SA onstaan die werk onder ‘n ene evangelis Klibbe in Oos Londen in 1892. In 1893 word hy deur Apostel H.F. Niemeyer of Australia georden.  Klibbe word in 1908 as die eerste apostel van die kerk in  Afrika aangestel, maar in 1913 word hy deur verskeie redes deur die Stamapostel van sy posisie onthef en Wilhelm Schlaphoff word in sy plek aangestel. Klibbe weier egter om van sy amp afstand te doen en ‘n hofsaak volg. Die hof se besluit op 21 Desember 1926 lei daartoe dat die Ou Apostoliese Kerk onder Klibbe ontstaan en die Nuwe Apostoliese Kerk onder Schlaphoff voortgaan.

Met die afsterwe van Klibbe op 22 Mei 1931 het die “kerk” meer as 1 miljoen lede gehad. Apostels Ernest Fredrick Willhelm Ninow, Carl Fredrick Willhelm Ninow and William Campbell was as Klibbe se opvolgers aangestel.

Vir ‘n aantal jare was die NAK in verhouding met die Duitse “Apostelampt Jesu Christi” (AJC), ‘n kerk met ooreenstemmende standpunte.  Die verhouding was in 2006 verbreek toe drie van die AJC apostels ‘n tak van die NAK in Duitsland gestig het.

In beide die Ou Apostoliese Kerk en die Nuwe Apostoliese Kerk speel die apostels ‘n belangrike rol

·         Beide groepe leer dat versoening net deur hulle alleen kan plaasvind en dat hulle mag het om sondes te vergewe. Daar word ook geleer dat Jesus vandag deur sy apostels spreek.

·         Beide groepe handhaaf drie sakramente nl. Die Doop, die Nagmaaal en die Verseëling

 
Opsomming sommige van van leringe van die OAK

 In die OAK is daar min geskrewe dokumentasie, aangesien leringe in die apostels gestel is

In hulle kategismus word oa die volgende geleer:

1. Die Ou Apostoliese Kerk leer dat Christus  in die apostels bestaan.

·         Vraag 2: Waar is Christus te vind?

·         Antwoord: Jesus sê aan sy apostels “In die dag sal u beken dat Ek in my Vader is en u  in My en Ek in u. (Joh 14:20)
 
2. Soos alle ander kultusse glo hulle dat hul die enigste ware kerk is en dat daar geen “redding” buite hulle is nie.

·         Vraag 53: Wil ons sê dat Christus nie gekom het vir ander kerkgenootskappe nie?

·         Antwoord: Nee, maar alleen vir die, die in Hom geloof deur Sy heilige Apostelamp.

·         Vraag 54: Waarom dan alleen deur die lewendige Apostelamp?

·         Antwoord: Omdat Kristus die die Verlosser is, deur die lewegewende Gods-woord, die woord het Hy aan sy apostels toevertrou. Joh 17:14 Ek het vir hulle U woord gegee.
 
3. Sonde vergifnis berus by die apostels

·         Vraag 18: Wie kan sonde vergewe?

·         Antwoord: Jesus Christus deur die lewende apostel-mond (Joh 20:23)

4. Daar is geen letterlike of fisiese hemel nie, maar die hemel is in die mens

·         Vraag 1 Waar is die koninkryk der hemelen?

·         Antwoord: Die Koninkryk der hemelen is binne in U (Luk 17:22-24)

·         5. Die OAK kan die hemel ook vir jou toesluit

 5. Die Bybel is nie die algehele en absoltue gesagstandaard vir die gelowiges se lewe nie

·         Vraag 21: Wat ons lees in die Bybel, is dit nie ook Gods Woord?

·         Antwoord: Nee, dit is een testament van die letter, en Paulus sê: Die letter maak dood, maar die Gees maak lewendig. (2 Kor 3:6)

·         Stamapostel Niehaus het klaarblyklik die volgende woorde gesê: “Ek het ook ‘n Bybel gehad en dit op die rak gesit, en na ‘n tyd vind ek dat die muise Jesus en die apostels opgevreet het. Dit is jul Jesus, dit is jul apostels, vir wie die muis nie eers respek het nie...Ons het geen apsotels wat net durf naspreek wat die eerste apostel gespreek het nie, maar ons het die apostels in wie die lewende God is, en hy is geen letterkneg nie....die luise en trae herders wat hulle skape laat drink van die vuile putwaters van die Bybel! (Aangehaal uit sektes in Suid Afrika, deur Dr J Muller)

6. Die apostel gee weergeboorte en verseël diegene met die Heilige Gees.

·         Vraag 56: Wie bedien ons met die Sakrament van die Heilige Verseëling?

·         Antwoord: God wat die Apostel as Sy dienskneg gebruik. (1 Kor 3:9)

·         Vraag 57: Hoe word die Sakrament van die Heilige Verseëling bedien?

·         Antwoord: Deur die oplegging van die hande van ‘n Apostel van Christus Jesus . (Hand 9:6, 8:15-17)

·         Hierdie verseëling word ook die “Geestesdoop” genoem en daarmee word die Heilige Gees ontvang (Vraag en antwoord 58)

 Hierdie is maar sommige van die dwallinge, ondersoek altyd die Skrif soos Hand 17:11 leer.

Bronne wat geraadpeleg kan word:

·         Kategismus Dele 1&2 van die OAK van Afrika. Nuwe Kategismus (NK)

·         FW Werner - Die Dwaling van die Apostelsekte

·         Ds HCJ Flemming - Sektedwalings

·         DA Nico Schreuder - Die Apostel-besinde

·         Dr JJ Muller – Die Vernaamste Sektes in Ons Land

·         Japie Grobler -Samevatting Nuwe Apostoliese Kerk van Afrika  -Ou Apostoliese Kerk van Afrika

 
 
DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND 
 
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 


 

10 comments:

  1. My sienpunt is dit is vir geen mens of kerk om te besluit wie die ewige lewe sal he nie slegs die vader mag oordeel

    ReplyDelete
  2. Jy is korrek, maar wat is die basis waarop die Vader besluit? Sy woord. Wat sê Sy woord - 1 Joh 5:11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 5:12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

    Lees ook Joh 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

    Dus jy kan vir jouself die antwoord gee en vir ander - Glo jy in Jesus, het jy die Seun? Dan die antwoord, niks te doen met veroordeel of oordeel nie. Kyk net na die Vader se woord en antwoord die vraag vir jouself.

    ReplyDelete
  3. Glo hulle werklik dat die siel of rus, of dwaal na afsterwe? Maw daar is nie n Hiernamaals nie? Daar is nie n Wederkoms nie? Annalize

    ReplyDelete
  4. Ek lees van seks en moet in die bres tree vir die oak hulle doen dit nie as so iets wel plaasvind dan is dit dat die amp rondloop ek is nie oak lid nie maar ken baie van hulle wat ek wel weet is dat hulle glo nie in die wederkoms nie en sien die bybel net geestilik en dis waar ons koppe stamp

    ReplyDelete
  5. Dag almal jammer maar eks n oa en trots daarop. Ek Lees die goed wat hier geskryf word en graag vra ek myself het diegene wat zoos kommertaar lewer seker gemaak van hy feite. Onthou daar is vele gelowe en elkeen aanbid God op sy manier.elkeen glo wat by Wil glo, maar nerens indie blogs waar die oa so aangaval word Dat die oa dieselfde doen nie.Maar asb mense as u Wil oordeel maak seker van Jul feite want drie kwart van die goed is nie waar nie en dis AL wat ek Kan se

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jou bewering is vals. Ek daag jou uit om dit te bewys deur middel van beedigde verklaring.

      Delete
    2. Gaan lees gerus u eie dokumente met 'n oop gemoed. Inligting kom vanuit u eie publikasies vergelyk met die Bybel.

      Delete
  6. oh 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 

    Ek het in my hele lewe nog nooit 'n kritikus van die Ou Apostoliese Kerk gekry wat die waarheid skryf nie. Dit vertel jou baie van persone wat 'n blog soos hierdie skryf.

    ReplyDelete
  7. Gaan lees gerus u eie dokumente met 'n oop gemoed. Inligting kom vanuit u eie publikasies vergelyk met die Bybel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek stel dit weer. Ek doen my lewe lank al navorsing oor die OAK en het 'n groot versameling publikasies oor die OAK wat insluit bronne vanuit die kerk self. Ek het nog nooit enige publikasie vanuit ander kerke gelees wat die waarheid praat oor die OAK nie. Al die sogenaamde waarskuwings dat die OAK 'n sekte of kulte/kultes is op valshede gegrond. Dit sluit hierdie blog in.

      Delete