Tuesday 19 July 2016

BIBLE BELIEVERS/JESUS ONLY - BRANHAM.


BIBLE BELIEVERS/JESUS ONLY - BRANHAM.

 
 
 
Hierdie is ook nie ‘n in diepte bespreking van die groepe nie, maar stel net die basiese daar.
 

A. William Marrion Branham

            # Gebore op 6 April 1909 in Kentucky.

            # Sterwe op 24 Desember 1965.

            # Begrafnisdiens word gehou op 29/12/ 1965, maar hy word nie dadelik begrawe nie; daar word gehoop dat hy sou opstaan.

            # Hy word eers begrawe op 11 April 1966.

            # In 1956 betaal hy $ 40,000 aan die staat, in ‘n buite hofskikking, nadat hy vervolg is agv belasting ontduiking.

            # Sy volgelinge is die “Messengers” of “Branhamites”

 B. Sy lering:

 1. DIE HEL.

            # Die hel is nie vir ewig nie, maar sal tot niet gemaak word.


2. DIE VROU.

            # Die vrou is nie geskape nie; sy is ‘n by-produk van die man.

            # Diere is van ‘n hoër spesie as die vrou, want hulle is ten minste uit niks geskape.

            # Vroue is die mees verleidelike en verleibare wesens wat bestaan.

            # Die vrou dra ook die saad van die slang.

            # Die slang en Eva het geslagsgemeenskap in die tuin gehad en so is Kain gebore.

            # God se plan was dat die mense moes voortplant uit die stof van die aarde. Eva se optrede met die slang het dit egter verander.

            # Asgevolg van Eva en die slang se geslagsgemeenskap het ‘n tweede rangse metode van voortplanting ontstaan.

            # Elke vrou dra die letterlike saad van die duiwel.

            # Hyself het gesê: “Everytime that a funeral goes down the street, a woman caused it... Everything that’s wrong, a woman caused  it.” 


3. TROU/EGSKEIDING.

            # Omdat die vrou seks aan die man voorgestel het, het poligamie ontstaan.

            # Die straf van die vrou was dat ‘n man meer as een vrou kon hê, maar ‘n vrou net een man.

            # Toe die Here oor egskeiding gepraat het, het Hy net met die vrou gepraat, nie met die man nie.

            # ‘n Vrou mag onder geen omstandighede weer trou nie.

            # Die man mag skei, net wanneer hy wil en weer trou, maar met ‘n maagd.
 

4. DIE MERK VAN DIE DIER.

            # Denominalisme is die merk van die dier.

            # Die Protestante is die hoer.

            # Die Katolieke is die dier.

            # Hy skryf in sy boek“AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 265 “Come out of her (Organized religion) My people, that ye be not partakers of her sins...”


5. SY STATUS.

            # Hy is die eindtyd (Die Laodicense kerktyd) profeet.

            # Hy kan die sewende seël van die boek Openbaring bekendmaak.

            # Volgens sy volgelinge is hy die profeet, vir die eindtyd, waarvan Mal 4:5 praat,


6. DIE KRAG VAN SY MOND.

            # Hy het gemeen dat daar ‘n dag sou kom, wanneer die woorde uit sy mond die mense se fisiese liggame in verheerlikte liggame sou verander, gereed vir die wegraping.

            # Hierdie krag sou losgelaat word, want sy mond was spesiaal gevorm om die ware naam van God, JHWH, korrek uit te spreek. Hierdie naam was nog nooit reg uit gespreek nie.


7. DIE DRIE-EENHEID.

            # Op ‘n kassetopname verklaar hy dat die Drie-Eenheidsleer van die duiwel is.

            # Hy leer ook dat mense hulle moes oor-doop in die naam van Jesus Christus.

            # Hy leer dat daar net een persoon is wat homself as die Vader, dan die Seun, dan die Heilige Gees voordoen.

            # Hy ontken die bestaan van ‘n Drie-Enige-God.

            # Hy leer dat die woorde Vader, Seun en Heilige Gees slegs, titels is vir die een persoon Jesus Christus.

            # In sy boek“AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” deur William Marrion Branham self geskryf sê hy die volgende:
             P 18 - They also state, “God, according to the Bible, is not just one person, but He is three persons in one God. That is the great mystery of the Trinity. It sure is. How can three persons be in one God? Not only is there no Bible for it, but it shows even a lack of intelligent reasoning.”
             P19 - “This Trinity was based upon the many gods of Rome”

 8. ANDER SAKE.

            #  Hy skryf in sy boek “AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 324 “The word always came by a prophet and always will”

            # Hy het onder andere sewe visioene gehad, wat volgens hom almal in vervulling moes gaan teen 1977.

            # Hy voorspel ook die begin van die einde van die VSA in 1977.

            # Hy skryf in syboek “AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 322 “So I repeat, I sincereley believe and maintain as a private student of the word, along with Divine inspiration that 1977 ought to terminate the world systems and usher in the millenium.”

            # Hy skryf in syboek “AN EXPOSITION OF THE SEVEN CHURCH AGES” p 340 “Yes sir, the church is no longer the ‘mouthpiece’ of God” It is it’s own mouthpiece. So God is turning on her.” 


DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  

ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 

 

No comments:

Post a Comment