Monday 18 July 2016

NUWE HERVORMERS


NUWE HERVORMERS

Wie glo nog in die liggaamlike opstanding van Jesus uit die dode? Moderne Teoloë glo nie meer in die liggaamlike opstanding van Jesus Christus uit die dood nie. Van die Presbiteriaanse kerke in die VSA glo dit nie. Baie professore in Teologie aan SA Universitiete glo dit nie meer nie. Baie predikers in gemeentes reg oor ons land glo dit nie meer nie. Biskop Tutu glo dit nie. Jy sal verbaas wees om te hoor wat predikers in ons dorpe oor die duiwel, die maagdelike geboorte en die opstanding van Jesus uit die dode glo. Glo jy dit nog?

A. Wie is die Nuwe Hervormers?

1. Geskiedenis:

Die Nuwe Hervormers - ‘n Beweging wat aansluit by die Jesus Seminaar groep waarin John Dominic Crossan, ‘n groot rol speel en in SA Prof Sakkie Spangenberg en verskeie ander teoloë in Suid Afrika skaar hulle by hierdie beweging.

Die Jesus Seminaar was ‘n groep van 150 teologies geleerdes en ander wat in 1985 bymekaar gekom het onder leiding van Robert Funk

Hulle het kleurkodes gebruik om hulle kollektiewe sienswyse rakende die historiesiteit van Jesus se dade en woorde te bepaal. Hulle het “nuwe vertalings” van die Nuwe Testament en die Apokriewe gepubliseer.

Hulle het ook drie verslae gepubliseer naamlik: The Five Gospels (1993), The Acts of Jesus (1998), en The Gospel of Jesus (1999). Hulle reel ook verskeie seminare in die verband.

B. Waarvoor staan hulle?

I. Een skrywer het die Nuwe Hervormingsbeweging se optrede as volg omskryf:Hulle wil die Bybel op 'n meer moderne manier probeer verklaar. Goddiens moet vir die moderne ( of sg. post moderne mens) sin maak. Godsdiens moet met die moderne lewensbeskouing en wetenskap versoenbaar wees. Hulle is nie ateiste nie, maar stel 'n meer panteïstiese geestelike godsdiens voor. Sommige kritici sal sê hulle neig na ateisme.

II. Hulle betwyfel die basiese leerstellings van die Christelike geloof:

·         Die maagdelike geboorte van Jesus Christus.

·         Sy wonderwerke.

·         Sy opstanding uit die dood.

·         Die erfsonde word bevraagteken.

·         Die Goddelike inspirasie van beide die Ou en Nuwe Testamente word sterk bevraagteken.

·         Hulle betwyfel ook die profesieë wat Christus se geboorte en Messiaanse Ryk voorspel.

III. Verder sienninge van hierdie beweging:

·         Hulle beskou die Christelike godsdiens as maar net een van baie vorms van aanbidding, sonder absolute waarhede, net nog 'n kultuur vorm van aanbidding.

·         Hulle eskatologiese siening is hoofsaaklik, dat die kinders van die Here God hierdie skepping moet herstel. (Sapiential eschatology)

IV. Hulle poog om die wetenskaplike feite met die geskrifte te versoen deur die gebeure en profesieë in die lig van wetenskap te verduidelik.  Hulle vertolk en “vertaal”  en omskryf sekere begrippe  anders as wat die hoofstroom Teoloë dit in die verlede gedoen het.

C. Watter Skriftuurlike leringe betwyfel hulle?

 1. Die maagdelike geboorte:

·          Die begrip maagd (Jes 7:14) word net na “jongmeisie” verander met die klem op jonk (rakende ouderdom) en die gevolg dat sy nie noodwendig ‘n maagd was nie. Die verdere gevolg hiervan is; sy was net ‘n jongmiesie en spermselle van ‘n “skenker” was nodig sodat sy swanger kon word.

2. Die opstanding van Jesus uit die dode:

·         Ons weet as iemand dood is, is hy/sy dood. Dooie mense staan nie op uit die dood  nie. Dit is dan die uitgangspunt in hulle redenasie

·         Hulle reken dat Jesus se opstanding uit die dode metafories verklaar moet word.

·         Jesus staan op in jou lewe, maar die fisiese Jesus het nie fisies uit die dood opgestaan nie.

Daar was geen twyfel by die apostels en ander dat Jesus wel fisies uit die dood opgestaan het nie - ( I Kor 15 :1-17)

Die bekende “Royal Professor of Law” aan die Harvard Universiteit, Dr Simon Greenleaf, het die bewyse ondersoek rakende die opstanding van Christus.  Hy het bevind dat Christus volgens bewyse voor hande wel uit die dode opgestaan het. Hy het nie net ‘n Christen geword nie, maar het ook ‘n boek geskryf met die titel: “An Examination of the Testimony of the Four Evangelists by the Rules of Evidence Administered in the Court of Justice”

 3. Die wonderwerke van Jesus:

·         Wonderwerke vind eenvoudig nie plaas nie, alles moet wetenskaplik verklaar word of as mites afgemaak word.


D. Ander sieninge van die Nuwe Hervormers

 1. Die Skrif:

·         Die gesag van die Skrif soos vervat in die Bybel word nie voorop gestel nie en hulle verleen ook gesag aan geskrifte soos die Evangelie van Thomas en reken dit bevat meer betroubare inligting as selfs die Evangelie van Johannes.

·         Die Goddelike inspirasie van beide die Ou en Nuwe Testamente word sterk bevraagteken.

·         Jy glo die woord van God of jy trek dit in twyfel, dit word nie wetenskaplik bewys of nie.

·         Heb 11:1-3 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.  Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

2. Erfsonde

·         Die leerstelling aangaande erfsonde word sterk betwyfel. Hoe kan Adam en Eva se sonde op ons rus?

3. Profesieë in die Ou Testemant.


·         Hulle betwyfel ook die profesieë wat Christus se geboorte en Messiaanse Ryk voorspel.

·         Maar as daar gelet word op die magdom profesieë rakende Christus in die OT wat in die NT vervul is, kan die betroubaarheid van die Bybel bevestig word.

·         Dink net aan die voorspelling van waar ‘n persoon gebore sou word, wat sy naam sou wees, op watter wyse hy sou sterf.

E. Kommentaar van ander kundiges:

Prof. Johan Malan, Universiteit van die Noorde

·  Opsomming: Die grondbeginsels van die Christelike geloof word toenemend deur teoloë verwerp. Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat verskeie predikante ook hierdie voorbeeld sal navolg.

·  Daar is die afgelope aantal jare ‘n groeiende beweging in die tradisioneel Christelike wêreld aan die gang om die Drie-enige God en sy Woord te verwerp. Die leiers van die beweging noem dit ‘n nuwe hervorming. Dit is egter nie ‘n nuwe reformasie nie, maar ‘n deformasie, m.a.w. die verwerping van Christus en Christelike beginsels, sodat die weg na ‘n mistiese en multigodsdienstige wêreldgodsdiens gebaan kan word. Die nuwe universele god word in ‘n meditatiewe transtoestand geestelik ervaar. Die formele aanbidding van God word dus gestaak.

Dr. Piet Muller


·  ‘n Toekomskundige, dr. Piet Muller, sê in ‘n artikel oor die nuwe hervorming dat daar ‘n grondverskuiwing in die Christendom aan die gang is (“Nuwe hervorming veroorsaak opskudding”: Die Burger 08.03.2002). Hy vertel van ‘n universiteitsvriend van hom wat glo nog net die eerste vier woorde van die geloofsbelydenis kan opsê, naamlik “Ek glo in God…” Die res van die belydenis betwyfel hy heeltemal, dus ook die posisie van Jesus as die Seun van God. Ná ‘n gesprek met sy predikant het die dominee gebieg dat hy eintlik nét so voel. Saam het hulle toe “’n studiegroep van twyfelaars” begin.

 Prof. Adrio König


·  Prof. Adrio König, ‘n teoloog van Unisa, het onlangs ‘n artikel oor die nuwe hervorming geskryf (Beeld, 28.03. 2002). Hierin sê hy onder meer die volgende:

·  “Die aankondiging van die groot Nuwe Hervorming het ons nou eers bereik, maar in die VSA is daar al ‘n geruime tyd dokumente beskikbaar oor wat die inhoud van dié Hervorming moet wees. Robert Funk en John Spong se lyste van dit wat moet uit, kom merkwaardig ooreen. Piet Muller het ongeveer dieselfde lys.

·  “God moet uit. Ook die skepping, die erfsonde, die maagdelike geboorte, al die wonderwerke, die bose magte, die betekenis van die kruis, die opstanding, die wederkoms van Christus, gebed, algemeengeldige etiese norme…

·  “In plaas van gebed moet ons mediteer en aandag gee aan die behoeftes van ons naaste. In plaas van om op God te vertrou, moet ons vertrou op die orde in die skepping en die inherente goedheid van ons naaste…

·  “Die nuwe hervormers gee duidelike redes aan waarom ‘n nuwe Hervorming nodig is. Hulle meen gebed is sinloos en wonderwerke is ‘n belediging vir die regverdigheid en integriteit van God. Jesus se rang moet verlaag word. Hy is nie goddelik nie, Hy het nie “uit die hemel geval” en mense bevry van die mag van sonde nie. Die betekenis van sy kruisdood is afskuwelik, en sy opstanding beteken nie dat Hy opgestaan het nie…

·  “Dit is vir hulle weersinswekkend dat God sy Seun laat doodmaak om mense te vergewe. Dit is volgens hulle deel van ‘n eeue oue offerstelsel van die ou Nabye Ooste wat vir moderne mense onaanvaarbaar is. En dan die opstanding van Jesus. Moderniste het geen beswaar daarteen dat Jesus “geestelik” opgestaan het nie… maar opgestaan en weer lewend geword? Moderne mense weet tog dit gebeur nie.

·  “Een kort sinnetjie van Funk help baie om te probeer verstaan wat hier aan die gang is. Volgens hom “moet alle bonatuurlike elemente uit die Christelike agenda verwyder word.”

·  Hierdie stellings is só openlik onbybels, godslasterlik en gruwelik dat enige verdere verduideliking van die inherente boosheid daarvan onnodig is. Dit kom op ‘n totale verwerping van die basiese beginsels van die Christelike geloof neer. Die naïewe argumente van moderne spotters en agnostici word gebruik om belangrike godsopenbarings en tydlose geestelike waarhede in diskrediet te bring en te verwerp.

·  Sulke vyande van die Drie-enige God, wat ook die Here Jesus se genadewerk aan die kruis verag, aanvaar klaarblyklik nie die volgende waarskuwing in die Bybel nie. “Vol van hulle eie teorieë, gaan hulle voort om die waarheid van God se Woord stelselmatig af te breek”:

·  “Meen jy, o mens… wat sulke dinge doen… dat jy die oordeel van God sal ontvlug? Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God” (Rom. 2:3-5).

 Prof. Spangenberg (‘n Nuwe Hervormer) se eie mening


·  Volgens prof. Sakkie het Mattheus en Lukas hulle inligting by Markus gekry en oorgeskryf. Verdere inligting wat nie in die Evangelie van Markus voorkom nie, kom na bewering uit ‘n onbekende en verlore manuskrip wat hy die Q-dokument noem.

·  In elk geval het hy in die verlede al gesê dat die Bybel net menslike insigte en opinies oor God bevat, en dat hierdie insigte oor tyd heen verander het.

·  Die Bybel is dus, volgens hom, nie die letterlik geïnspireerde Woord van God nie.


F. Ander algemene opmerkings:

 1. Die Hervormde Kerk en Jesus Seminaar-teoloog Andries van Aarde se opspraakwekkende boek, Fatherless in Galilee (2000) word na Jesus as ‘n vaderlose seun verwys, wat ‘n fiksasie gehad het dat God sy vader is.

2. Van die lasterlike uitsprake wat gemaak word is oa.

·         Dat Jesus die seun van ‘n romeinse soldaat was

·         Dat Jesus se liggaam op ‘n vullishoop gegooi was en moontlik deur rondloperhonde opgevreet was

 3. Nico Engelbrecht in sy artikel op die webblad - http://www.reformedtruth.co.za/index.php/afrikaanse-artikels/5-afrikaans/5-die-jesus-seminaar sê die volgende:

I. Die Jesus Seminaar, die nuwe hervormers en liberale teoloë van die Post Moderne Tydperk is so bang vir die wedergebore gereformeerde teoloë, soos die duiwel vir die slypsteen, dat hulle nie reguit kan sê waarin hulle werklik glo nie.

 Omdat hulle glo die maagdelike geboorte, die opstanding en die hemelvaart is ʼn mite, dan is die volgende wat hulle eintlik glo:

 Die volgende tien punte is basiese skrifgefundeerde gereformeerde teologie wat die antwoord het op al die vrae wat die mens het waarin hulle nie meer kan glo nie.  Arminianisme kan ook in baie van hierdie punte gesien word. Dit is die onskriftuurlike sienswyse wat Charismate aanhang.  Sien “Only two Religions”.  Dit is natuurlik net die basiese sienswyse van meeste van die Jesus Seminaar en Liberale teoloë.  Aangesien daar vir diegene daar baie waarhede is sal daar ʼn verskeidenheid van verwarrende sienswyses wees.  Die sienswyse van die gereformeerde teologie is absolutis gebaseer op Sola Scriptura.  Die eerste stelling is die Gereformeerde Teologie en dan die “Hulle” is Jesus Seminaar, sommige liberales en Post Modernes.

1.     Gereformeerdes glo in die totale verdorwenheid van die mens. Nuwe Hervormers glo die mens is van nature goed en het potensiaal om deur self verbetering sy eie heil uit te werk.   

2.     Gereformeerdes glo in onvoorwaardelike verkiesing.  Hulle glo as individu dat ons kan en wil op hoër vlakke deur evolusionêre prosesse en tot kennis van onsself kom en sodoende kennis van god en dan tot ʼn god in onsself wees.

3.     Gereformeerdes glo in Beperkte versoening.  Hulle glo dat die mens universeel liefde verdien en daar is nie ewige straf vir die mens nie, maar die wat nie in reinkarnasie glo nie glo die lig word afgeskakel as jy sterwe.  Daar is baie gelowe en almal lei na die ewigheid of soos ander die ewige dood. 

4.     Gereformeerdes glo in Onweerstaanbare genadeHulle glo dat die mens sy eie toekoms bepaal deur sy dade en woorde en dat mens op sy eie troon sit en heers oor sy toekoms.  Die mens het ʼn wil om te kies; die goeie of die slegte.

5.     Gereformeerdes glo in die Volharding van die Heiliges.  Hulle glo dat geen eksterne faktore en bonatuurlike hulp die mens tot na Nirvana (wat ookal Nirvana vir jou beteken) neem nie, maar jy is self verantwoordelik vir jou heil. Of dit nou ewige dood soos ʼn dier sonder ʼn siel is, of ʼn gereïnkarneerde bestaan is. 

 Gereformeerde teologie wat ware skrifgefundeerde teologie is, glo die volgende: 

1.     Die Skrif Alleen is die enigste bron wat progressief God en sy Verlossingsplan openbaar.  Dit is die Verbale Woord van God.  Hulle glo die Skrif is ʼn woord oor God, feilbaar, meestal ʼn mite, sommige moet op die ashoop gaan en ander moet bygevoeg word.

2.     Deur Christus alleen is daar verlossing.  Hulle glo dat alle gelowe aanbid dieselfde god.  Die Moslem, Budha, die duisende gode van die Hindoe. Meestal is dit werke wat jou red of jou tot op ʼn hoër vlak neem

3.     Alleen deur Geloof in Christus, wat ʼn gawe van God is.  Hulle glo dat geloof is wat jy verskaf en wat jy skep en wat jy glo is waar -  daar is dus baie waarhede, geen absolute nie.

4.     Deur die Genade alleen.  Hulle glo dat ons moet werk vir ʼn beloning op hierdie bedeling want daar is geen verdere bedeling nie, dit hang van onsself af, deur die regte keuses te maak om tot geestelike volwassenheid toe kom.

5.     Tot eer van God alleen.  Hulle glo dat die mens kry krediet vir wat hy verrig het in die lewe.  “Ek het die regte keuses gemaak!’”

 
II. Verder skryf Nico Engelbrecht

·         Marcus Borg sê verder terwyl hy sy ewige graf grawe, dat Budha is ook ʼn gereïnkarneerde van God.  Van hierdie ketters aanbid Panteïsme en Oosterse godsdienste. 

·         Name geassosieer met hierdie godsloënaars is:  J. Engelbrecht, EH Schefler, GMM Pelser, JN Vorster, Prof Willem Voster, dr. Daniel Veldsman wat beweer dat Christus se lyk gesteel is. 

·         Ben du Toit sê dat die opstanding energie was en daar was geen maagdelike geboorte nie en die naaste aan die duiwel, is wanneer jy in die spieël kyk. 

·         By die bekroning van sy boek met die Andrew Murray prys was Sakkie Spangenberg die seremonie meester.  Prof. Andre van Aarde se boek, “Fatherless in Galilee” sê Maria was ʼn hoer.  M.a.w. God is gebore deur ʼn hoer se geboorte kanaal. 

·         Prof. Lina Spies glo ook nie in die maagdelike geboorte of die opstanding nie.  Sy is euwel in haar teologie.  Prof Jurrie le Roux sê van Aarde se boek is ʼn hoogtepunt.  Almal is kop in een mus met dieselfde teologie sonder Christus en die kruis. 

·         Prof. Bruce Marina sê Jesus is ʼn Shaman, ʼn toordokter en dissipel van veranderende bewussyn. 

·         John Dominic Crosson, ʼn god vir die aanhangers van die Jesus Seminaar en ʼn dissipel van Funk wat ortodoksie wil vernietig, sê dat God ʼn transendentale kindermishandelaar is en dat ons vir God moet slaan. 

·         Sakkie sê dat ons die onstaan van die nuwe Hervorming aan Crosson te danke het.  Prof. Piet Geyser se naam is ook betrokke by die Jesus Seminaar.  Ander name:  Prof. Pieter Craffert, Prof. Pieter Botha, Prof. Ansie Wolmarans, Dr. Piet Muller, Prof Wilhelm Jordaan, Maretha Jacobs, Jaques en Carol Kriel, Pieter J.J. Botha.  Panenteïsme is vir ons moderne tyd , God in ons en ons in God.  Sakkie Spannenberg en ander teoloë het die Theosophical Society gaan toespreek en agtergekom dat hulle niks nuuts te sê het wat die Theosophical Society nie al verfyn het nie en dat die Jesus Seminaar en die Nuwe Hervorming het maar net die ou houtwiel herontdek het.

·         Hulle is soos pappegaaie en sê dieselfde gnostiese belydenisse as die van die eerste twee eeue na Christus.  Daar is niks nuuts, geen openbaring nie en in die Post Moderne tyd is hulle taal nie eers in dieselfde klas eers as die van 2000 jaar gelede nie.  Dit is maar die ou desepsie wat nuwe lewe kry en was 2000 jaar gelede verklaar as ketters en ook so vandag.  Die verskil is net die Kerk kan self nie meer straf toepas nie en hulle Goddelike roeping as Kerk toepas nie, want dit is in ʼn vervalle toestand en dit kom voor dat die Lamp verwyder is. 

·         Prof. Julian Müller sê die nuwe hervorming speel die rol in die Kerk; dat die mense wat twyfel en vrae het oor die Godheid is denkende mense en kan so gehelp word.  Dit blyk te wees dat Christene dan nie denkende mense is nie.  Dit word betwyfel dat ons diegene wat die Nuwe Hervorming aanhang Christene kan noem,  indien ons die Bybelse definisie gebruik.  Julian Muller sê dat ons moet saam soek na nuwe uitingsvorme van spiritualiteit wat pas in ons tyd. 

·         Sunette Pienaar en Abel Pienaar het bedank uit die NG kerk en saai geestelike verwoesting met hulle missio panenteïsme. Hulle is geestelike hoereerders en offer hulle lidmate op aan Moleg.   Ons kan hulle nie Christene noem nie want hulle dien nie meer die God van die Bybel nie maar die gode van die Hindoe, Islam, Budha en soos Sakkie Spannenberg sê, dat elkeen maak eintlik sy eie God in sy kop.  Elke lid het die basiese gnostiek maar dan ook geen absolute waarhede nie, geen Sola Scriptura nie maar onwaarhede wat waarhede vir hulle word.  Hulle sê daar is nie ʼn duiwel nie maar wanneer ons na hulle kyk en na hulle onlogiese debattering luister dan is ons seker daar is een.

·         Johan Semington sê ons moet ruimte maak vir godslasteraars soos Borg en Jurrie Muller want dit versterk ons geloof.  Gerda de Villiers se naam is ook betrokke.

·         Jullian Müller sê dat daar ruimte gemaak moet word van beide die letterlike sowel as die metaforiese sienswyse.  Maar daar word nie gepraat van die geestelike insig nie. Christina Landman en Julanda Dreyer is ook betrokke.

 G. Name wat in die verband veral in SA genoem word is:

Artsbiskop Desmond Tutu, Ds Yolanda Dreyer, Prof Willem Vorster, Ds Daniël Veldsman, Prof Ben du Toit, Prof Andries van Aarde, Prof Lina Spies, Prof Piet Geyser, Prof Sakkie Spangenberg, Prof Pieter Craffert, Prof Hansie Wolmarans, Dr Piet Muller, Prof Willem Jordaan, Prof Julian Muller, Dr Sunet Pienaar, Ds Abel Pienaar, Ds Johann Symington, Prof Christina Landman, Prof Jurie le Roux, Dr Willem Nicol, Prof Pieter Botha, Prof Dirk Human en vele ander.

U moet self na hierdie persone se siennings oor die bogenoemde inligting kyk, nie almal sal alles ondersteun wat hierbo genoem word nie.
 

H. Internet bronne kan geraadpleeg word

·         www.thesilvertablet.net

·         www.reformedtruth.co.za




DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND 

 

ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 

 

2 comments:

  1. As julle Nuwe Hervormers nie glo in die liggaamlike opstanding van Jesus Christus en die maagdelike geboorte nie, dan ontken julle God se almag. As julle reg is is ek in die moeilikheid maar as ek reg is is julle in die moeilikheid. Sterkte!!

    ReplyDelete
  2. Korrek, dit is waarom die post daar is

    ReplyDelete